<< Chapter < Page Chapter >> Page >

verkry. Volg die opvoeder se instruksies:

POLSSLAE
1 2 3 4 5 6
Patroon 1
Patroon 2
Totale patroon
  • Elk van die twee patrone is identifiseerbaar en ‘n derde word gevorm a.g.v. die samevoeging van die eerste twee (“Hocketing”). Alhoewel die partye elk oor sy eie individualiteit beskik, is daar afgesien van die onafhanklikheid, ook samewerking en wisselwerking tussen die partye.

Wat verstaan jy onder die volgende begrippe? Lig dit toe met bostaande voorbeeld.

Onafhanklikheid
Samewerking
Wisselwerking

Onafhanklikheid ten opsigte van melodie.

Onafhanklikheid ten opsigte van timbre.

Nabootsende intredes wat oorvleueling veroorsaak.

Doen navorsing oor één van die volgende:

  • Die Shona-gemeenskap
  • Mbira-musiek
  • Fuga
  • JS Bach

Plak die inligting in jou leerderjoernaal.

MBIRA-MUSIEK (Im-BEE-rah)

Beantwoord die volgende vrae:

1. Watter Westerse musiekvorm maak gebruik van nabootsende intredes?

2. Met watter komponis word hierdie vorm geassosieer?

3. Op watter instrument is die voorbeeld waarna jy geluister het, uitgevoer?

4. Watter land is veral bekend vir mbira-musiek?

5. Watter gemeenskapsgroep van hierdie land beoefen veral mbira-musiek?

6. Watter ander instrument word dikwels met mbira-musiek gekombineer?

7. Waarom begin mbira-spelers soms op enige plek in die siklus speel?

8. Motiveer waarom mbira-musiek van tot sowat 700 jaar terug nog steeds in gebruik is.

Gee ‘n skematiese voorstelling van die intredes van die verskillende partye.

Probeer nou die volgende:

  • Die klas verdeel in drie of vier groepe. (Sodra julle vertroud is met die wisselwerking (hocketing) kan meer groepe gebruik word).
  • Die groepe besluit op moontlike ritmiese patrone deur kruisies op die polsslae in te vul. Die groepe lê hul patrone aan die res van die klas voor. Almal vul dit op die ruitgrafiek in.
  • Elke groep besluit op ‘n spesifieke uitvoermedium.
  • Die groepe oefen eers afsonderlik hulle patrone voordat dit saamgevoeg word.
  • Die opvoeder sal die tellings hardop saamtel sodat almal kan saamwerk om wisselwerking te verkry, anders sal dit ontaard in kakofonie!
  • Ten slotte tree die partye nabootsend op om nabootsende intrede te demonstreer.
  • Vul nou die nuwe patroon wat gevorm is, op die ruitgrafiek in.
POLSSLAE
INSTRUMENTE 1 2 3 4 5 6
1
2
3
4
5
6
Saamgestelde patroon

Watter musiekvorm wat jy ken (jy kan dit sing!), maak ook gebruik van nabootsende intredes?

Word oorvleueling tussen die verskillende stempartye veroorsaak?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook in huidige kontekste reflekteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
GESAMENTLIK
2.2 kan bespreek hoe die kunste tot sosiale en kulturele verandering bygedra het en kan bydra (bv. as ‘n spieël, in dokumentasie, as voorstelle, kommentare en voorspellings);
DANS
2.4 danse in eie sosiale, kulturele en historiese kontekste bespreek, met die klem op geslag, gestremdheid en mag;
DRAMA
2.5 menseregte- en omgewingskwessies navors en in kleingroep-rolspel interpreteer;
MUSIEK
2.6 na die gebruik van polifonie in Afrika-musiek luister en demonstreer hoe dit aan deelnemers ruimte in die maak van musiek gegee het;
VISUELE KUNSTE
2.7 identifiseer en verduidelik hoe fotografie, rolprentmakery, beeldhou en afdrukmakery menseregteskendings kan dokumenteer;.
2.8 kommentaar lewer op die samestelling, styl en vakinhoud van kunswerke (bv. landskap, portret, stillewe, publieke kuns of versetkuns) oor tydperke heen

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11045/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask