<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Die aarde en daarbuite

Die sterre

Opvoeders afdeling

Memorandum

  • Volg die aanwysings in die module:
  • Vraag 2 : Ja. Wes. Nee
  • Vraag 3: Gevolgtrekking: die sterre is elke aand vier minute vroeër bokant die baken – die beweging is weswaarts.

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die begrip konstellasies te kan bespreek en die beweging van sterre te ondersoek [lu 1.2, lu 2.3]

In antieke tye het sterrekundiges helder sterre in groepe wat patrone gevorm het, groepeer. Hierdie patrone word konstellasies genoem en is na mense, gode en diere vernoem. Elke konstellasie het ‘n Latynse naam. As gevolg van die omwenteling van die aarde om die son, verskyn verskillende konstellasies, verdwyn dan, en verskyn weer later gedurende die loop van ‘n jaar.

  • Daar bestaan “sterkaarte” vir die Noordelike, sowel as die Suidelike Halfrond. Konstellasies word verskillend op verskillende “sterkaarte” aangedui. Ons hoef ons egter nie daaroor te bekommer nie, want daar is nie ‘n “korrekte” manier om konstellasies te teken nie.

Die konstellasies van die suidelike halfrond

Beweging van sterre en konstellasies

  • As jy vir die eerste keer buitentoe gaan om na die konstellasies te kyk, mag dit vir jou onmoontlik lyk om enige konstellasie tussen die massa sterre in die hemelruim op te spoor. As jy egter een keer ‘n konstellasie gevind het, sal jy dit die volgende keer baie maklik opspoor.
  • Een van die dinge wat dit moeilik maak om sterre op te spoor is die feit dat die sterre die heeltyd “beweeg”. Hulle behou hul posisie ten opsigte van mekaar, maar hulle verskyn elke aand en hulle beweeg deur die lug gedurende die nag.
  • Sommige sterre skyn heelnag, terwyl ander verdwyn en nuwes hul plekke inneem. Hierdie beweging vind baie stadig plaas en jy sal dit nie opmerk as jy net na die sterre staan en kyk nie.

‘n Eksperiment om vas te stel of sterre beweeg

1. Kies ‘n helder ster of konstellasie, bv. die Suiderkruis, en staan êrens sodat die ster/konstellasie presies bokant ‘n vaste baken (bv. ‘n boom of die dak van ‘n huis) is.

2. Teken die tyd aan en keer een uur later na die PRESIESE posisie terug.

Het die ster/konstellasie beweeg?_________________________

Indien wel, in watter rigting (wes, noord, oos of suid)? ______________________

Het die ster/konstellasie se posisie t.o.v. ander sterre verander?

_____________________________________________________________________

3. Bestudeer die posisie van jou ster/konstellasie vir ‘n paar agtereenvolgende aande en teken telkens die presiese tyd aan wanneer dit jou baken bereik.

Aand 1 Aand 2 Aand 3 Aand 4 Aand 5
___:___ ___:___ ___:___ ___:___ ___:___

Skryf jou gevolgtrekking neer:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te regeer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.2: Dis duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel.

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.3: Dis duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask