<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Draad 6

Persoonlike ontwikkeling

Module 12

Meelewing met die gemeenskap en diere

Berig 1:

Die Ratels kuier by die DSV

Die graad 3-penkoppe-spannetjie van die Stellenbosse Voortrekkers, die Ratels, het die Stellenbosch Dieresorgvereniging (DSV) besoek en gehelp om die honde wat geskut word, kos te gee. Dit is gedoen as deel van hulle omgeeprojek in die plaaslike gemeenskap.

Eikestadnuus, 21 Junie 2002

Berig 2:

Plant ‘n hoop-tuin om te wys dat jy omgee

Die Vigs-bewustheidstrikkie, of rooi strikkie, is ‘n simbool van solidariteit en is ‘n teken van toewyding in die stryd teen Vigs. Wys dat jy omgee en plant ‘n Hoop-tuin.

Wat jy benodig

  • ‘n Stukkie kaal grond in die tuin
  • ‘n Paar pakkies van jou gunsteling blomsaad
  • ‘n Stok, en
  • ‘n Hark

Metode:

  • Hark die grond mooi gelyk
  • Gebruik die stok om ‘n groot Vigs-strik in die akker te trek
  • Saai/plant die saad
  • Tik die grond met die plathand vas
  • Maak liggies (en gereeld) nat
  • Hou dop hoe jou tuin groei!

Uit Sunday Times, 2 June 2002

Aktiwiteit 1:

Om maniere te identifiseer waarop daar in die omgewing ‘n verskil gemaak kan word

[lu 3.3]

Klasopdrag

Die twee beriggies hierbo is maar net twee maniere waarop leerders kan wys dat hulle regtig omgee vir hulle medemens en diere. Identifiseer maniere waarop julle in julle omgewing ‘n verskil kan maak deur te wys dat julle omgee. Plaaslike koerante plaas graag berigte en foto’s van skole wat moeite doen om die wêreld vir almal ‘n beter plek te maak. Julle kan hierdeur ook as goeie ambassadeurs vir julle skool optree!

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
Persoonlike ontwikkelingDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • oor sy/haar eie vermoëns, aanleg, belangstellings en sterk punte, asook selfbeeld, besin;
  • verduidelik hoe om in verskillende situasies op groepdruk te reageer;
  • deernis toon deur vir mense en diere om te gee;
  • die vaardigheid toon om in verskillende konfliksituasies die vrede te behou en as bemiddelaar op te tree;
  • verduidelik wat geleer is deur oor eie ervaring met betrekking tot selfbestuursvaardighede na te dink;
  • ‘n verskeidenheid probleemoplossings-vaardighede vir verskillende kontekste beskryf en kies.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11001/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask