<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die vetgedrukte sinsdele in paragraaf B is idiomatiese uitdrukkings. Gesels in julle groepe daaroor en kyk of julle verklarings vir die oorsprong van elk kan gee. Julle opvoeder sal elke groep ‘n kans gee om te verduidelik en, indien nodig, julle dan help.

c) Leer die volgende idiome en hulle betekenisse:

Idioom Betekenis
Hy hou sy lyf aasvoël. Hy vertrek sodra hy klaar geëet het.
Hy stap soos een wat ‘n hoender in die bank het. Hy maak asof hy baie ryk is.
‘n Benoude kat maak benoude spronge. Iemand wat in die nood is, maak snaakse planne.
As hy horings gehad het, was hy ‘n buffel. Hy is baie onbeskof.
Elke swart kraai dink sy eier is die witste. ‘n Mens dink gewoonlik jou besittings is die beste.
Hy het nie al sy varkies in die hok nie. Hy is nie by sy volle verstand nie.
Dit sal gebeur as die perde horings kry. Dit sal nooit gebeur nie.
Vee eers voor jou eie deur. Maak eers jou eie foute reg, voordat jy ander op hulle foute wys.
As die pap te dik is, brand dit aan Dit gebeur soms dat jy teë word vir iemand met wie jy te heg bevriend is.
Hy staan onder die pantoffelregering. Sy vrou speel baas oor hom.
Hy is ‘n vreemdeling in Jerusalem. Almal weet daarvan, net hy nie.
Praat jy wat baard het. Jy wat baie van die saak weet, moet praat.
Sy steek nooit haar hande in koue water nie. Sy doen geen werk nie.
Hy is ‘n jabroer. Hy sê net altyd ja, maar doen nooit iets daaraan nie.
Hy het murg is sy pype. Hy is dapper / het durf / is sterk.
My pa is ‘n man uit een stuk. My pa is ‘n regte staatmaker / Jy kan altyd op my pa reken.
Probeer is die beste geweer. Om te probeer is ‘n goeie begin.
Woorde wek, maar voorbeelde trek. Om ‘n goeie voorbeeld te stel, is meer werd as baie praat.
Jakkals trou met wolf se vrou. Word gesê as dit reën terwyl die son skyn.
Geld wat stom is, maak reg wat krom is. Met baie geld kan mens baie dinge regkry.

d) Probeer die volgende sinne voltooi:

(i) Gou by die bak, maar lui by die _

Betekenis: Hy eet graag, maar _

(ii) Dis die laaste sien van die _

Betekenis:

(iii) Haastige hond verbrand sy _

Betekenis:

Donkerwerk is _

Betekenis:

(v) Trou is nie _ nie.

Betekenis:

AKTIWITEIT 5

OM GEPASTE SINONIEME, ANTONIEME, HOMONIEME EN HOMOFONE TE GEBRUIK

[LU 6.2.17]

a) Sinonieme is woorde met dieselfde betekenis, byvoorbeeld:

fluks – vlytig: Sy is ‘n flukse / vlytige werker.

Skryf sinonieme vir die volgende woorde neer:

(i) herder –

(ii) ween –

(iii) spreek –

(iv) masjien –

(v) present –

(vi) jok –

(vii) noukeurig –

(viii) onderwyser –

(ix) chaos –

(x) kiekies –

b) Hieronder is ‘n afskrif van bladsy 495 in die HAT. Gebruik die inligting om die vrae wat volg te beantwoord.

Skryf EEN WOORD neer met dieselfde betekenis as :

jagspinnekop:

‘n sierboom met blou / pers blomme:

jakkalsreëntjie:

jakker:

jagtyd:

Die stad Pretoria (Tswane) word ook die _ genoem, omdat _

Wat beteken elk van die volgende uitdrukkings?

(vii) 'n Kaal jakkals

(viii) Jakkals prys sy eie stert.

Jakkals trou met wolf se vrou.

(x) Dis die klein jakkalsies wat die wingerde verniel.

(xi) Vir jakkals (of vir wolf) skaapwagter maak.

c) Antonieme is woorde van teenoorgestelde betekenis, bv.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask