<< Chapter < Page Chapter >> Page >

“Roland het met hom gesels, maar niks tasbaar het daaruit gevloei nie. Hy sal binnekort in Suid-Afrika wees en ek dink ons sal vir Roland ‘n ander agent moet soek, want ons glo werklik daar is borge wat bereid sal wees om te help,” het sy gesê.

Die Burger, 6 Desember 2005

a) Hoeveel geld sou Roland in ‘n jaar kon verdien het as hy vir Katar gaan swem het?

b) Wat beteken die afkorting SSA?

c) In watter land woon Australiërs? En watter taal praat hulle?

Hulle woon in _

Hulle praat _

d) Wat beteken dit om die Australiërs “op hulle agterstoep” te klop?

e) Roland sê dit was nie ‘n maklike besluit om nee te sê nie. Kan jy aan ‘n rede dink waarom dit vir hom moeilik was?

f) Skryf die sin neer waarin Roland sê dat hy trots was om vir Suid-Afrika goue medaljes te verower. (Die sin moet noukeurig, sonder foute oorgeskryf word).

g) Dr. Sieg Heydenrych is ‘n Suid-Afrikaanse en Kanadese sakeman.

In watter land woon die Kanadese?

Vind uit wat die Kanadese se twee belangrikste tale is.

AKTIWITEIT 3

OM TYDENS GROEPWERK SENSITIWITEIT TE TOON VIR ANDER SE REGTE EN GEVOELENS [LU 2.2.4]

OM NUWE WOORDE MET DIE GEPASTE BETEKENIS TE GEBRUIK

[LU 2.4.1]

Groepbespreking

Soek eers in die HAT op wat die volgende woorde beteken:

lojaal:

lojaliteit:

patriot:

patriotisme:

opoffer:

Probeer om hierdie woorde in julle bespreking en terugvoering te gebruik.

Wat was vir Roland belangriker as baie geld? Dink julle hy is “ ‘n arend”? Verskaf redes en gee terugvoering aan die klas.

Taalstruktuur en -Gebruik

AKTIWITEIT 4

OM BEKENDE IDIOMATIESE UITDRUKKINGS TE KEN EN TE GEBRUIK

[LU 6.4.6]

a) Wat is idiome? Waarom gebruik ons idiome in ons taal? Slaan in die HAT na wat “idioom” beteken en skryf dit neer.

Ons kan ook sê dat idiome uitdrukkings is wat gebruik word om iets op ‘n mooier of treffender manier te sê. Dit “gee kleur” aan taal. Net soos ander tale, het Afrikaans ook sy idiome (of idiomatiese uitdrukkings) wat ons taalgebruik mooier maak. As sprekers van Afrikaans is dit dus belangrik dat ons sulke idiome leer en dit gebruik wanneer ons praat en skryf. Sonder idiome is ‘n taal maar baie “vaal” en verbeeldingloos, en soms selfs vervelig.

b) Vergelyk die twee paragrawe (A en B) wat volg.

As Mamma ons roep vir ete, weet ons ons moet dadelik kom, anders is daar moeilikheid, want sy duld nie ‘n laatkommery nie. My ouer broer, Hein, is altyd honger, dus gaan hy dadelik en vinnig tafel toe. My klein sussie is gewoonlik besig om met iets te speel en draai eers nog ‘n bietjie, maar uiteindelik is sy ook daar. Hein is altyd bang hy kry nie genoeg kos nie, want hy wil altyd meer hê as wat hy kan opeet.

As Mamma ons roep vir ete, weet ons ons moet dadelik kom, anders is daar moeilikheid, want as die kos koud word, word die vrou warm. My ouer broer, Hein, is altyd honger, dus laat hy nie gras onder sy voete groei nie en gaan dadelik tafel toe. My klein sussie is gewoonlik besig om met iets te speel en draai eers nog ‘n bietjie, maar agteros kom ook in die kraal. Hein se oë is altyd groter as sy maag, want hy is bang hy kry nie genoeg kos nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask