<< Chapter < Page Chapter >> Page >

In Seepunt het 14% van die mense kokaïen gebruik kort voordat hulle aangekeer is. Heroïenverwante gevalle het in vyf jaar van 3% na 10% opgeskiet. Die ergste is dat dit meestal jong mense was. Na raming verteenwoordig wit tieners sowat 90% van die heroïengebruikers in die land. Dié dwelm word deesdae toenemend onder skoolkinders in veral Bellville se omgewing gekry. Dat die Nigeriërs na Kaapstad gekom, die plek behoorlik deurgekyk en eindelik verower het, is gewis.

Verwerk uit Die Burger , 15 Januarie 2002

  1. Onderstreep die hoofgedagtes in bostaande artikel, Sakelui met ‘n dodelike produk , en skryf dan in jou eie woorde ‘n kort artikel waar jy die hoofgedagtes saamvat. Jou artikel moet nie langer as honderd woorde wees nie. Jy vat dus net die hoofgedagtes (hoof-boodskap) saam.
LU/AS 4.4.3
  1. Bespreek die volgende stelling (dink daaroor en beredeneer dit): Armoede in Suid-Afrika lei daartoe dat mense hulle tot dwelmhandel wend.
LU/AS 5.1.3
  1. Skryf die meervoud van pa en ma uit die negende paragraaf van die artikel neer.
  2. Onderstreep die lettergreep wat die klem in onderstaande woorde dra in rooi en skryf dan die meervoud van die woorde neer. Spreek die woorde hardop uit om te bepaal waar die klem val.
ouma
oupa
komma
sofa
dahlia
kamera
  • Waar val die klem in bostaande woorde as jy dit hardop uitspreek?
  • Doen nou dieselfde met onderstaande woorde:
pa
ma
karba
hoera
Yamaha

(iii) Waar val die klem nou?

  1. Wat kan jy uit bogenoemde t.o.v. die vorming van meervoude aflei?

(iv) Waarom word ouma dus nie met ‘n afkappingsteken (‘) geskryf nie?

LU/AS 6.2.10

(e) Om die dwelmhandelaars vas te trek, is boonop ‘n reuse taak, want hulle het altyd ‘n alibi . Slaan die betekenis van die woord alibi in ‘n verklarende woordeboek na en skryf dit hieronder neer.

(i) Skryf die meervoud van alibi neer.

  1. Wat sal die meervoude van die volgende woorde wees?
ski
taxi
rabbi
sari
  1. Wat kan jy uit die bogenoemde t.o.v. die vorming van meervoude aflei?
  2. Kan jy sien dat ‘n afkappingsteken hier belangrik is, anders sou ons probleme met die uitspraak van die woorde in die meervoud gehad het?
  1. Om ‘n foto van ‘n dwelmverslaafde te sien wat aan onttrekkingsimptome ly, is baie ontstellend.

Skryf die meervoud van foto neer:

  • Wat kan jy dus verwag van die vorming van die meervoude van die volgende woorde: solo , radio en banjo ?
  • Skryf ook die meervoude van die volgende woorde wat op ‘n –o eindig, neer:
kano
eggo
kommando
dinamo
  • Lei nou ‘n spelreël t.o.v. die vorming van meervoude van bogenoemde af.
  • Maak seker dat jy die betekenis van al die woorde waarmee jy meervoude gemaak het, ken.
  • Weet jy wat ‘n balju is? Skryf die meervoud van balju neer.

Kan jy aflei wat die meervoud van skadu sal wees? Skryf dit neer.

  1. Woorde wat eindig op ‘n beklemtoonde a , ‘n i , o of u , kry ‘n

in die meervoud.

LU/AS 6.2.10
  1. Pa’s en ma’s van tieners in die Kaapse Skiereiland is gister ernstig gewaarsku .

Watter woordsoort is die vetgedrukte gedeelte in bostaande sin?

  1. Is daar woorde wat vir ons sê hoe? waar? of wanneer? die ouers gewaarsku is?

Noem die woorde en skryf langsaan of dit vir jou sê hoe, waar of wanneer pa’s en ma’s gewaarsku is .

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask