<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 7

Persoonlike ontwikkeling

Module 12

Hantering van emosies en reaksie op verandering

Aktiwiteit 1:

Om emosies en reaksie op verandering te hanteer [LU 3.3]

Individuele opdrag

Hier volg ‘n lys van dinge in jou lewe wat kan verander en wat jou lewe en emosies in ‘n mindere of meerdere mate kan beïnvloed en stres (spanning) veroorsaak. Daar is ‘n punt uit 10 aan elke item toegeken, met 1 wat die minste versteuring in jou lewe veroorsaak en met 10 as die ergste wat jou kan oorkom en wat ‘n persoon moontlik selfs aan selfmoord kan laat dink.

Lees met aandag deur die lys en onderstreep die veranderings wat in die afgelope jaar op jou van toepassing is. Wees eerlik en realisties. Dink ook na oor hoe hierdie tellings relatief van mekaar verskil; is die een verandering bv. net ‘n bietjie meer ontwrigtend as ‘n ander, of is daar ‘n groot punteverskil tussen die twee?

Lewensveranderings wat stres kan veroorsaak Punt
Verhuising na ‘n ander huis in dieselfde dorp 1
Verhuising na ‘n ander provinsie 2
Verhuising na ‘n ander land 3
Verandering van skool 2
Beëindiging van ‘n hegte vriendskap 2
Beëindiging van ‘n hegte verhouding 3
Egskeiding van ouers 5
Ernstige siekte van ‘n nabye familielid 5
Dood van ‘n geliefde troeteldier 3
Dood van ‘n skoolmaat 3
Dood van jou beste maat 5
Dood van ‘n broer of suster 7
Dood van ‘n ouer 9
Geweld in jou woonbuurt 3
Inbraak in jou huis 1
Eie ernstige besering of siekte 8
Liggaamsverandering 4
Werkloosheid by die huis 4

Indien een van die bogenoemde tellings vir jou eie ervaring verkeerd lyk, ken self ‘n telling uit 10 daaraan toe in potlood. Vir die een persoon kan die dood van ‘n troeteldier baie traumaties wees en vir ‘n ander maak dit nie werklik soveel saak nie. So kan die bendegeweld in jou woonbuurt van so ‘n aard wees dat dit jou lewe daagliks bedreig en sal jy dus ‘n baie hoër telling daaraan wil toeken.

Miskien het daar ook veranderings in jou lewe plaasgevind wat nie hierbo genoem is nie. Maak ‘n lys daarvan en ken self ‘n punt uit 10 daaraan toe.

Tel nou al die items wat jy onderstreep het se tellings bymekaar.

Wat sê hierdie totale?

1 - 10

Jy het met hanteerbare verandering en stres te doen. Jou lewe is nog min of meer dieselfde al is jy party dae meer positief as ander.

10 - 20

Jy het taamlik drastiese veranderings in jou lewe ondervind wat jou waarskynlik gereeld laat ongelukkig voel. Praat gerus met ‘n opvoeder in wie jy vertroue het hieroor of bespreek dit met jou ouers.

20 en meer

Jy is onderhewig aan geweldig baie stres en verandering. Jy moet hulp vra by ‘n onderwyser, ouer of geestelike leier wat jou na ‘n kundige kan verwys. Onthou: moenie tou op gooi nie. Daar is hulp beskikbaar en die lewe kan weer ‘n vreugde word!

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
Persoonlike ontwikkelingDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder
  • verslag doen oor die implementering van strategieë om eie en ander se selfbeeld deur positiewe optrede te bevorder;
3.2 media- en ander invloede op persoonlike lewenstylkeuses evalueer en gepaste reaksies voorstel;
3.3 sy/haar eie hantering van emosies en eie reaksie op verandering verduidelik en evalueer;
  • bewyse van respek vir ander en die vermoë om op ’n opbouende manier te verskil toon;
3.5 besluitnemingsvaardighede toon en daaroor besin;
3.6 sy/haar eie strategieë vir studievaardighede krities evalueer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask