<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 8

Veranderende idees en tegnologieë: eerste wêreldoorlog

Module 13

Die veranderende rolle van vroue in die eerste wêreldoorlog

Aktiwiteit 1

Om

a) Die veranderende rolle van vroue in die Eerste Wêreldoorlog te kan bespreek; en

b) Die gevolge van die Eerste Wêreldoorlog met die toestande van vandag te kan vergelyk

LU 1.3 LU 2.3 LU 2.1 LU 3.4

LEESSTUK 1(a)

Die Eerste Wêreldoorlog was groter in omvang en het groter verwoesting gesaai as enige vorige oorlog. Swaar gewapende soldate het vier jaar lank op see, op land en in die lug geveg. Op die slagveld het 8 miljoen soldate gesterf.

Tuis is burgerlikes ook in die oorlog betrek. Oorlogsvoorrade moes ver­vaardig en aan die vegtendes gelewer word. Om dit te verhoed, is groot stede deur vyandige vliegtuie gebombardeer. Groot dele van Frankryk, Pole en België, waar die belangrikste veldslae geveg is, is heeltemal vernietig. Vroue moes op landerye, waarop oeste uit die lug verwoes is, nie net hul­self, die gesin en gewondes versorg nie, maar nog genoeg voedsel produseer om die vegtende soldate aan die lewe te hou.

Myne en fabrieke is onherstelbaar beskadig. Ondervoede vroue en kinders het in die fabrieke die nodige oorlogsvoorraad en lewensprodukte probeer produseer. Talle vegtendes is deur die oorlog onherstelbaar verarm en moes terugkeer na verwoeste huise en besighede. Die meeste soldate het as ge­volg van swak toestande en mediese dienste op die oorlogsveld so verswak dat hulle nie na die oorlog kon werk nie. Die tradisionele rol van vroue: as huishoudsters, onderwyseresse en verpleegsters het verander tot dié van sakevroue en boere.

Teen 1918 was miljoene burgerlikes besig om te sterf weens hongersnood of siektes. Toe breek die Groot Griep-epidemie uit. Meer as twintigmiljoen mense het gesterf; dit wil sê meer mense het aan griep gesterf as op die slagveld.

Die rol wat die vrou tradisioneel gespeel het as ondersteuner van die vegten­de man, het verander tot dié van ’n vrou op die slagveld van oorlewing. Vroue moes die rol van broodwinner oorneem om die terugkerende mans en seuns, wat geestelik of liggaamlik vermink was, te kan onderhou.

LEESSTUK 1(b)

Die maatskaplike probleem waarmee ons vandag in Suid-Afrika te kampe het is die stryd teen MIV/VIGS. Talle kinders word met MIV/VIGS gebore en groot dele van die bevolking sterf daaraan. Die onkoste vir die mediese versorging van VIGS-pasiënte en voorsiening van versorging vir die wees­kinders en slagoffers van VIGS beloop miljoene rande. Soos met die Eerste Wêreldoorlog het hierdie ramp reeds die hele wêreld getref. MIV/VIGS kan as ’n pandemie beskryf word.

Opdrag:

  • BESTUDEER BRON H EN VUL DIE TABEL IN.

BRON A VIGSBEGRIPPE:

MIV : verwys na die Menslike Immuniteitsgebreksindroom Virus

VIGS : verwys na die Verworwe Immuniteitsgebreksindroom

EPIDEMIE : die omstandighede waarin ’n spesifieke siekte vinnig versprei.

PANDEMIE : verwys na vinnig toenemende omstandighede waarin ’n spesifieke siektetoestand teen ’n skrikwekkende, on­beheerbare tempo versprei.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask