<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Bevolking: verspreiding en digtheid

Module 30

Verstedeliking

AKTIWITEIT 1

OM ‘N PRAKTIESE GEVAL TE BESTUDEER

[LU 1.6; 1.7]

Gevallestudie:

Livingstone is 16 jaar oud en klaar met skool. Hy het graad 10 met goeie punte geslaag. Hy woon op ‘n plaas net buite Napier waar sy pa as arbeider werk. Sy ma help ook op die plaas en sy twee susters en broer is almal nog op skool. Livingstone het oral op die dorp navraag gedoen, maar daar is nêrens werksgeleenthede vir hom nie. Hy kan miskien los werkies as tuinier op die dorp kry. Dit sal hom gemiddeld R150 per week in die sak bring.

Sy tante woon in Gauteng in Soweto. Sy het ‘n tweeslaapkamerhuis waarin vyf mense woon en het aangebied dat Livingstone vir hom ‘n klein houthuisie in die agterplaas bou en dan in Johannesburg kom werk.

Wat dink hy behoort Livingstone te doen?

Watter voordele kan ‘n skuif na Johannesburg vir hom inhou?

Watter nadele kan ‘n skuif na Johannesburg vir hom inhou?

Gestel hy kry nie ‘n werk in Johannesburg nie, hoe sal sy lewenstandaard in die stad vergelyk met dit waaraan hy nou in Napier gewoond is? Gee redes vir jou antwoord.

Wat is tans die hoofprobleme in ons stedelike informele woongebiede?

Wat word tans deur die regering en privaat organisasies gedoen ten einde van hierdie probleme aan te spreek?

Kan jy en jou groep dalk met ‘n paar voorstelle kom oor hoe hierdie probleme aangespreek kan word?

Wanneer mense van die platteland na die stede verhuis/trek, vind verstedeliking plaas.

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik [vind bronne];

tussen feite en menings onderskei [werk met bronne];

inligting kategoriseer [werk met bronne];

1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];

1.7 deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Na die vrylating van slawe aan die Kaap het die gebied tot stand gekom

Vismark

1970

Kleurlinge

Indiërs

Bantoes

± 50 000

Negatief

Bekende

Huis

Infrastruktuur gevestig

Naby stad

Naby besigheid

Ja

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask
Heather McAvoy
Start Quiz
Rachel Carlisle
Start Quiz
Subramanian Divya
Start Quiz
Yasser Ibrahim
Start Quiz
Briana Hamilton
Start Flashcards