<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Bevolking: verspreiding en digtheid in die rsa

Module 28

Menslike faktore

Menslike faktore wat bevolkingsverspreiding beïnvloed

A. Die rol wat tegnologie by vestiging speel

Tegnologie kan terselfdertyd probleme ten opsigte van vestiging oplos én skep!

Vroeër was lopende en vars water baie belangrik en dit is vandag nog, maar tegnologie het veroorsaak dat die water na mense se woonplekke geneem kan word sodat hulle nie by die waterbron self hoef te woon nie.

Vir baie jare het die Vaaldam in amper al die waterbehoeftes van Gauteng en die westelike deel van Mpumalanga voorsien. Die bevolking en die behoeftes van die nywerhede het egter só gegroei dat water oor ongeveer 300 km uit Lesotho (die Katsedam) tans gebruik word om die Vaaldam se voorraad aan te vul. Met die konstruksie van reusagtige damme, tonnels en pypleidings het ingenieurs die tegnologie ingespan om die watervoorraad aan te vul en kon ontwikkeling in Gauteng voortgaan.

Tegnologie het ook die vestiging van mense in die Noord-Kaap en ook elders in die land nadelig beïnvloed. Koperdraad is as belangrike geleier in telefoonlyne met OPTIESE VESEL vervang, wat veroorsaak het dat nie net in Suid-Afrika nie, maar ook elders in die wêreld, kopermyne gesluit het. Waar kopermyne in die droë en yl bevolkte Noord-Kaap naby plekke soos Springbok en Prieska ‘n groot werkverskaffer was, het baie mense die gebied ná die sluiting van die myne verlaat en het diegene wat agtergebly het, oorleef (baie moeilik).

Daar is egter beperkings, want mense kan damme en kanale maak, maar nie water nie. Op ‘n dag sal daar nie meer genoeg water vir uitbreiding wees nie!

AKTIWITEIT 1

OM ‘N ONDERSOEK TE LOODS

[LU 2.3]

Ondersoek die gevolge van ontwikkeling en die gebruik van moderne tegnologie op die vestiging van mense in ‘n bepaalde gebied.

Ontwikkeling en die gevolge op ‘n gemeenskap:

Ontwikkeling Nuwe gemeenskap gevestig Toename in bestaande gemeenskap Afname in bestaande gemeenskap Gemeen-skap gaan tot niet
1. ‘n Baie waardevolle mineraal in die middel van ‘n woestyn ontdek.
2. Nuwe tegnologie het tot gevolg dat ‘n bestaande myn ‘n baie beter opbrengs het.
3. ‘n Baie groot myn in die Karoo bereik die einde van sy leeftyd.
4. Weens arbeidsprobleme besluit die bestuur van ‘n myn om te meganiseer.
5. Vrugteboere ontwikkel nuwe tegnologie om die opbrengs per hektaar te verdubbel.
6. Tegnologiese ontwikkeling ontdek om seewater op groot skaal spotgoedkoop te ontsout.

Assessering

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP

Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 belangrike fisiese kenmerke van Suid-Afrika identifiseer en beskryf, insluitend dié van eie provinsie [mense en plekke];

2.2 die skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese bedrywighede in Suid-Afrika identifiseer [mense en hulpbronne];

2.3 maniere waarop die fisiese omgewing menslike bedrywighede beïnvloed en hoe menslike bedrywighede die fisiese omgewing beïnvloed, beskryf [mense en die omgewing].

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1. Nuwe gemeenskap gevestig

2. Toename in bestaande gemeenskap

3. Afname in bestaande gemeenskap

4. Afname in bestaande gemeenskap

5. Toename in bestaande gemeenskap

6. Nuwe gemeenskap gevestig; Toename in bestaande gemeenskap

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask