<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Die aarde en daarbuite

Fossiele

Opvoeders afdeling

Memorandum

Opdrag 9:

  • Hulle het vroeër in woude gelewe.
  • Het nie nodig gehad om vinnig te kon hardloop nie.
  • Korter bene was voldoende om in woude te kon oorleef.
  • Word vandag in oop vlaktes aangetref.
  • Moet vinnig kan hardloop vir vyand.
  • Langer, meer gespierde bene help om te oorleef.
  • Word gebruik om op te ry en karre te trek.Het groter en sterker geword sodat dit ‘n effektiewe vervoermiddel kon word.

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die verandering van organismes met die verloop van tyd te kan bespreek [lu 2.3]

Plante en diere verander gedurig om aan te pas en beter in hul omgewings te kan oorleef. Die omgewing verander egter ook. Dit is waarom die dierelewe oor die eeue heen verander het.

  • Gedurende die tydperk van die dinosourusse was die wêreld meestal warm en droog. Geleidelik het die klimaat begin verander, nuwe diere en plante het begin ontwikkel en ander het uitgesterf. Soos die klimaat warmer en natter geword het, het groot woude van reuse varings en allerlei keëldraende bome ontstaan. In hierdie veranderende wêreld moes die dinosourusse ook verander om te kon oorlewe. Omtrent 100 miljoen jaar gelede het daar blomplante en bloeiselbome verskyn en stadigaan het daar woude van lourier- en eikebome begin groei. Voëls, insekte en ander diere het begin ontwikkel om die nektar en stuifmeel van die blomme te vreet.
  • Die dinosourusse het almal verdwyn, maar hulle het afstammelinge nagelaat. Indien fossiele bestudeer word, blyk dit dat krokodille en voëls die naaste lewende familie van die dinosourusse is. Die dinosourusse was wel reptiele, maar die reptiele het reeds 300 miljoen jaar gelede ontwikkel. Reeds voor die dinosourusse verskyn het, het die reptiele al in talle verskillende groepe vertak.

Verandering van organismes:

  • Sommige diere, soos bv. die kakkerlak, het oor miljoene jare byna niks verander nie. Om te oorleef moes ander diere egter aanpas en het hulle met verloop van tyd drasties verander. Perde was eens so groot soos ‘n terriër en het in woude gebly. Vandag is hulle vinnige langbeendiere wat op oop vlaktes bly. Dit staan bekend as natuurlike seleksie.

Prehistoriese Lewe, Van den Heever et al., p. 19

OPDRAG 9

  • Bespreek die rede vir bogenoemde aanpassings by perde eers in julle groepe. Skryf dan ‘n paragraaf waarin jy ten minste vyf moontlike redes verskaf vir hierdie verandering.

_____________________________________________________________________

LeerkragassesseringKRITERIA 1. 2. 3. 4.
1. Opdrag korrek voltooi.
2. Sinvolle inhoud
3. Kreatiewe denke openbaar.

Assessering

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.3: Dis duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask