<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Bevolking: verspreiding en digtheid in die rsa

Module 27

Natuurbewaringsgebiede

Die Verenigde Nasies se ideaal is dat lande 10% van hul grondgebied as natuurbewaringsgebiede moet bestuur. In Suid-Afrikaanse terme is dit nasionale parke (soos die Kruger Wildtuin), reservate wat deur die onderskeie provinsies se departemente van Natuurbewaring bestuur word, reservate van munisipaliteite, en dan ook grond in privaatbesit, byvoorbeeld deur myne, maatskappye of sommer net boere wat ‘n gedeelte van hul plase as reservate, wildtuine of wildplase bestuur.

Suid-Afrika vaar nie so goed nie, want teen 2000, was slegs 7% van die land natuurbewaringsgebied. Daar kan wel gesê word dat die situasie aan die verbeter is, want nuwe grond vir natuurbewaringsdoeleindes word gedurig by die bestaande grond gevoeg.

Natuurbewaringsgebiede in die Wes-Kaap

Aktiwiteit 1

Om prominente natuurgebiede in suid-afrika te identifiseer

[lu 2.1]

Voltooi die tabel:

Hoe makliker julle as klas dit kan doen, hoe beter, want dan is daar baie natuurgebiede wat julle goed leer ken.

Die naam van die nasionale park die naaste aan julle dorp of stad. Skryf die naam van ‘n privaatnatuur- bewaringsbied naby julle.
Vind uit of julle munisipaliteit ‘n geproklameerde natuurbewaringsgebied bestuur, en beskryf dit hier. ‘n Beskrywing van die naaste provinsiale natuurbewaringsgebied.

Natuurbewaringsgebiede het nie net betrekking op die bewaring van plante of diere nie. Bergopvanggebiede word dikwels bestuur om plantegroei te beskerm sodat die reënwater eerder in die grond wegsak om die ondergrondse watervoorraad aan te vul, in plaas van dat dit wegloop see toe.

Om verstaanbare redes is die natuurbewaringsgebiede van enige land die dele met die ylste bevolking.

E. Wat van die mens en die omgewing?

Mynbou en nywerhede hou belangrike voordele vir ‘n land in, maar daar moet deeglik rekening gehou word met die invloed van daardie bedrywe op die mens en sy omgewing.

By ‘n uitgestrekte mynbou- en nywerheidsgebied waar daar so baie mynstof en -gasse in die lug vrygelaat word, is daar altyd ‘n prys te betaal, en die prys word deur mense én die omgewing betaal!

Aktiwiteit 2

Om te bepaal hoe die mense en die omgewing mekaar beïnvloed

[lu 2.3]

Lys die moontlike gevare vir mense en die probleme vir die omgewing in ‘n gebied soos Suidwes-Mpumalanga met al sy steenkool- en platinummyne:

Gevare vir mense:

Probleme vir die omgewing:

Assessering

Assessering

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP

Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 belangrike fisiese kenmerke van Suid-Afrika identifiseer en beskryf, insluitend dié van eie provinsie [mense en plekke];

2.2 die skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese bedrywighede in Suid-Afrika identifiseer [mense en hulpbronne];

2.3 maniere waarop die fisiese omgewing menslike bedrywighede beïnvloed en hoe menslike bedrywighede die fisiese omgewing beïnvloed, beskryf [mense en die omgewing].

Memorandum

AKTIWITEIT 2

Gevare:

- Swak gesondheid

- Laer lewenstandaard en -verwagting

Probleme:

- Gasse (besoedeling van lug)

- Besoedelde water

- Grond absorbeer gifstowwe

- Landbouprodukte se kwaliteit beïnvloed

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask