<< Chapter < Page Chapter >> Page >

LU 1.5 LU 2.5

Die leerders het teen hierdie tyd ‘n redelike woordeskat opgebou. Hulle behoort teen hierdie tyd ook eenvoudige biblioteekboeke met eenvoudige woordeskat en baie herhaling te kan lees. Nooi leerders uit om sulke boeke by die skool te kom lees. Hulle kan die storie voorlees en vertel hoekom hulle daarvan hou. Bespreek die karakters en gebeure in die boek. Maak seker dat, selfs al het hulle die storie gememoriseer, hulle die boeke korrek hanteer (reg vashou, korrek blaai, ens.). Laat leerders die storie voorspel deur na die voorblad en prente in die boek te kyk. Wanneer hulle vashaak, kan hulle na ander woorde in die sin of na die prent kyk, of hulle kan “raai” wat die woord dalk kan wees. Daar is weer eens heelwat uitkomste wat hierop van toepassing is. Die onderwyser kan elke keer op ‘n ander aspek fokus en die leerders oor ‘n tydperk toets.

LU 3.1 LU 3.2 LU 3.3

LU 3.4 LU 3.6

In hierdie module gaan die leerders heelwat hersiening doen van die frekewensie-woordeskat wat reeds aangeleer is. Sorg dat hulle dit gereeld lees en gebruik. Flits die woorde vir hulle en laat hulle dit gebruik wanneer hulle stories skryf.

LU 3.4

Leer ook vir hulle die volgende woorde aan as frekwensie-woordeskat: jaag, stert, vinnig, soek, verloor, hartseer, kwaad, bang, opgewonde.

LU 3.4

Lees die storie aan hulle voor. Vra vooraf vir die leerders om spesifiek te luister hoe Makkie sy stert verloor het. Vra aan die einde van die storie vir hulle hoe dit gebeur het. Doen dieselfde met ander stories. Vra vooraf vir die leerders om vir iets spesifieks, of vir ‘n hoofgedagte, te luister (bv. luister na die storie en probeer agterkom hoeveel kinders altesaam in die park gaan speel het, of hoekom Hansie so graag nuwe skoene wou hê). Doen dit totdat u uiteindelik al die leerders hierop geassesseer het.

LU 1.3

Vra na die storie vir die leerders hoe hulle voel as hulle iets verloor het (dit sluit ook by die vorige module aan). Laat hulle veral oor hulle gevoelens gesels. Wat maak ons nog ongelukkig? Wat maak jou bly / kwaad / opgewonde?

LU 2.1

Daar is ‘n hersieningsbladsy van woorde wat die leerders in die eerste paar modules geleer het. Laat hulle die woord met die regte prentjie verbind (elkeen in ‘n ander kleur, anders is dit moeilik om na te sien).

Leerders afdeling

Inhoud

Die groot soektog!

Die Waps kinders staan eers vir ‘n rukkie doodstil, en toe kondig Willie aan dat hulle moet begin soek. “Makkie se stert moet nog hier iewers wees! Ons moet tussen die blare en takkies op die grond soek. Ons moet sy stert kry. Dalk weet Grootoog hoe ons dit weer kan aankry!”

Die Wapse en Vollie en Makkie soek en soek. Eers onder hierdie boom, en dan onder daardie hopie blare. Onder die bossies en teenaan die boomwortels. Hulle soek oral waar hulle gespeel het. Later kom selfs Mamma en Pappa, en een van die Toebels wat in die bos kuier, help soek. Meneer Mol sien baie swak en kan nie juis help nie, maar hy dra koeldrank aan en probeer almal moed inpraat.

Makkie is baie hartseer. Hy is baie lief vir sy mooi lang stert en hy voel net nie reg daarsonder nie. Sy hele lyfie voel sommer snaaks en dit is vreemd om oor die grond te hardloop sonder sy stert wat altyd so netjies agterna kom.

Later word dit al skemer en moet hulle maar eers ophou soek. Willie tel vir arme Makkie op sy skouer en stap terug boomhuis toe. Almal is maar stil en hartseer. Niemand kan aan ‘n plan dink om Makkie te help nie. Willie het selfs vir Meneer Mol gevra of hulle nie dalk vir Makkie ‘n nuwe stert sou kon koop nie, maar Meneer Mol het gesê die winkels verkoop nie akkedissterte nie. Meneer Mol kon nie eers dink dat hy al ooit ‘n akkedis sonder ‘n stert gesien het nie, en selfs Pappa kon nie so iets onthou nie.

Dit laat Makkie net treuriger voel en hy is daardie aand glad nie lus vir gesels of stories luister nie. Hy is seker dat hy die enigste akkedis in die bos is sonder ‘n mooi lang stert! Hy raak sommer vroegaand al op Willie se kopkussing aan die slaap. Wat nou?

LU 4.1
  • Vul in: a en aa en teken die prentjies
k__s
k_______s
m___n
m_______n
h___k
h_______k
LU 3.5
  • Vul die regte klankie in.
LU 1.6
  • Kyk na die geheime woord. Hoeveel woordjies kan jy daarin sien?

kanspeelnmtuherfsonh

LU 6.2
  • Kleur die woorde in wat jy kan lees.
winter somer fees Vier
oranje geel seisoene rooi
bruin verkleur herfs vrugte
rus jaag vinnig stert
soek lente verloor hartseer
kwaad krulhare bang opgewonde
teken lekker maatjies somme
grawe weet help reën
woes dieselfde skryf tonnels
LU 3.4

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask