<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 8

Kritiese en kreatiewe refleksie

Module 10

Die rol van visuele kuns in die identifisering van die skending van menseregte

VISUELE KUNS

Aktiwiteit 1:

Om die rol van visuele kuns in die identifisering van die skending van menseregte te identifiseer

[lu 2.2, 2.7]

STAP 1

In die vorige module is daar na stereotipering en vooroordeel as vorms van diskriminasie gekyk. Beantwoord gou die volgende vrae:

1. Wat is stereotipering?

2. Noem twee vorme van vooroordeel.

3. Aan watter ander vorms van diskriminasie kan jy dink?

4. Hoe is mense in die verlede daarvan bewus gemaak? Hoe word mense in die hede daarvan bewus gemaak?

5. Kyk na die twee weergawes hieronder en skryf dan in jou joernaal watter een van die twee jou die meeste beïnvloed en hoekom.

Weergawe 1

  • Die mobiele eenhede het vinnig opgetree deur Joodse gemeenskappe te verras.
  • Mans, vroue en kinders is bymekaar gemaak en is dan na die buitewyke van hulle dorpie of stad gemarsjeer, doodgeskiet en in naamlose massagrafte gelaat.

Weergawe 2

  • Weet jy van enige ander visuele dokumentasie oor die skending van menseregte? Vul dit in die tabel hieronder in:
Tipe diskriminasie Rolprente Foto’s Gemengde Media

STAP 2

Soek na prente en/of artikels in ou tydskrifte en koerante vir die maak van ‘n plakkaat wat teen die skending van menseregte betoog.

STAP 3

Nadat julle in groepe ingedeel is, kan julle besluit wie se foto’s en/of artikels die treffendste is en die volgende opdragte uitvoer:

  • Plak die foto’s en/of artikels wat julle gekies het as foto-montage (‘n tipe collage waar slegs foto’s of papier geplak word en geen materiale soos wol, tou of ander voorwerpe met tekstuur nie) op die plakkaatpapier.
  • Julle kan met kleurpastelle en/of Koki-penne bo-oor en tussenin werk om die foto’s en/of artikels in een groot geheel te bind. Dit sal as agtergrond dien.
  • Dink nou aan ‘n slagspreuk wat betoog teen die skending van menseregte.
  • Plak met enige kombinasie van letters wat julle in die tydskrifte en koerante kan kry die slagspreuk bo-oor julle agtergrond – onthou dat die letters opvallend en sterk genoeg moet wees om die boodskap aan die kyker oor te dra.

Aktiwiteit 2:

Om komposisie, styl en onderwerp in verskillende kunswerke te klassifiseer

[lu 2.4]

STAP 1

Bestudeer die illustrasies hieronder en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

Komposisie

1. Wat is die komposisie van ‘n kunswerk?

2. Noem soveel moontlik verskille tussen die twee illustrasies ten opsigte van komposisie.

Styl

1. Hoe verskil die twee kunswerke hierbo?

2. Sê in jou eie woorde wat styl is.

Onderwerp of Tema

1. In die illustrasies A tot D op die vorige bladsy word vier verskillende onderwerpe uitgebeeld. Kyk of jy al vier kan identifiseer:

STAP 2

  • Jou opvoeder gaan vir julle ‘n verskeidenheid afdrukke van kunswerke wys. Jy moet nou hierdie kunswerke volgens komposisie, styl en onderwerp klassifiseer. Skryf eers die naam van die kunstenaar en die kunswerk in die linkerkantste kolom.
Naam van kunstenaar en kunswerk Komposisie Styl Onderwerp

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook in huidige kontekste reflekteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
GESAMENTLIK
2.2 kan bespreek hoe die kunste tot sosiale en kulturele verandering bygedra het en kan bydra (bv. as ‘n spieël, in dokumentasie, as voorstelle, kommentare en voorspellings);
DANS
2.4 danse in eie sosiale, kulturele en historiese kontekste bespreek, met die klem op geslag, gestremdheid en mag;
DRAMA
2.5 menseregte- en omgewingskwessies navors en in kleingroep-rolspel interpreteer;
MUSIEK
2.6 na die gebruik van polifonie in Afrika-musiek luister en demonstreer hoe dit aan deelnemers ruimte in die maak van musiek gegee het;
VISUELE KUNSTE
2.7 identifiseer en verduidelik hoe fotografie, rolprentmakery, beeldhou en afdrukmakery menseregteskendings kan dokumenteer;.
2.8 kommentaar lewer op die samestelling, styl en vakinhoud van kunswerke (bv. landskap, portret, stillewe, publieke kuns of versetkuns) oor tydperke heen

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11045/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask