<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Geskiedenis

Graad 4

Hoe vervoer die mensdom gedien het

Module 10

Padvervoer en die vroeë ontwikkeling daarvan

Hierdie module vertel die ongelooflike verhaal van die ontwikkeling van padvervoer in die geskiedenis.

Aktiwiteit 1

Om kronologie in tyd te verstaan [lu 3.3]

A)werk in pare en kyk of jy die illustrasies van voertuie deur die eeue in die regte kronologiese volgorde kan rangskik.

1

2

3

4

5

B)watter ooreenkomste en verskille is daar tussen die pragtige formule een-renmotor en die eerste motor wat ratte gehad het?

Eerste motor met ratte

Formule Een-renmotor

Ons sal later nog oefeninge oor tyd doen.

Aktiwiteit 2

Om jou bronne te gebruik [lu 1.2]

Baie jare gelede het die San, die Khoina en die swart mense in ons land geleef.

Die San het gestap om water in die hande te kry, plante te soek om te eet en diere om te jag. Daarom het hulle meestal al hulle besittings saamgedra.

Die Khoina en die swart mense het vee aangehou. Partykeer het hulle vee as vervoermiddels gebruik. Hulle het ook met hulle vee handel gedryf.

Ondersoek meegaande sketse en maak aantekeninge vir jul klasgesprek oor hoe hierdie drie groepe bygedra het om vervoer te vergemaklik.

c)1. Benoem die soorte vervoer in prente (a), (b) en (c). Dink aan ‘n byskrif vir elke prent.

......................................................................................................................

......................................................................................................................

......................................................................................................................

2. Wat dra of vervoer die mense in elke prent?

......................................................................................................................

......................................................................................................................

3. Hoe dink jy sou elkeen van hierdie groepe ‘n rivier oorsteek?

......................................................................................................................

......................................................................................................................

4. Wie kan:

  • die meeste goed en ......................................................................
  • die minste goed op een dag vervoer?...........................................

5. Waarvan is die vervoermiddel in prent (c) gemaak?....................................

6. Watter van hierdie soorte vervoer word vandag nog gebruik?.......................

......................................................................................................................

Aktiwiteit 3

Om die verlede te herskep [lu 3.3]

Later het die Nederlanders na ons land toe gekom en heeltemal ander maniere van vervoer saamgebring. In daardie tyd was perde, karre, waens en slawe in die dorpe ‘n algemene gesig. Die veeboere het ook ossewaens gebruik.

D)ondersoek ouma se skets en groepsverband en beantwoord daarna die vrae wat volg:

Die plein op Mooimeisiesfontein teen die jaar 1800.

  1. Watter oorsake en gevolge het die uitvinding van die wiel gehad?
  2. Hoeveel soorte vervoer is daar in die prent?
  3. Watter soorte vervoer word vandag nog in jou dorp gebruik?
  4. Hoekom loop party mense in die prent dan?
  5. Hoekom dra die slaaf die goedere aan ‘n paal oor sy skouer?
  6. Wat sien jy raak by die draagstoel se venster? Hoekom is dit so ontwerp?
  7. Hoe het ons die handkar en kruiwa vir hedendaagse gebruik aangepas? k. . . . .a
  8. Waarom is die waens se wiele so groot?
  9. Wat is die grootste verskil tussen die twee soorte ossewaens?
  10. Kan jy sien hoe Ouma met vandag en die verlede deurmekaar geraak het?
  11. Watter soorte vervoer sou jy verkies het om te gebruik?

Assessering

Leeruitkoms 1: geskiedkundige ondersoek

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1.2 vrae beantwoord: inligting uit bronne gebruik om vrae te beantwoord.

Leeruitkoms 3: historiese interpretasie

Die leerder is in staat om aspekte van geskiedenis te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

3.3 Rekonstrueer verlede: kan skryf, teken of vertel oor die gevoel i.v.m. historiese verhale wat hulle gehoor het.

Memorandum

  1. 5 3 2 1 4

b) Ooreenkomste: ry op wiele

het bestuurder nodig, ens.

Verskille: vaartbelyning, spoed, krag, aandrywing, ens.

c) 1. os/bees stap/dra slee van hout

2. Eie antwoorde

Eie antwoorde

  • Meeste: c Minste: b

5. Hout

6. Waarskynlik al drie

d) 1. Oorsake: spoed, gemak

Gevolge: busse, motors, fietse, rolskaatse, ratte, beroepe, paaie, ens.

2. 10 (Ossewa, kapkar, fiets, motor, ryperd, perdekar, draagstoel, draer, koets, stootkar).

3. Eie antwoorde.

  1. Eie antwoorde.
  2. Beter gebalanseerd as wanneer dit met die hand gedra word.
  3. Gordyn – kan oopmaak (meer privaat, veral vir ?)
  4. Hedendaagse kruiwa.
  5. Vinniger in beweging te kom.
  6. Een het tent, ander is oop.
  7. Ja, motor en fiets pas nie.
  8. Eie antwoorde.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11090/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask