<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 5

Kritiese en kreatiewe refleksie

Module 10

Onderskeid tussen verskillende kunsvorme

VISUELE KUNS

AKTIWITEIT 1

OM TE KAN ONDERSKEI TUSSEN VERSKILLENDE KUNSVORME

[LU 2.8]

In die vorige modules het jy hoofsaaklik met teken-, skilder-, ontwerp-, kunsvlyt- en collage-tegnieke gewerk. Vanaf hierdie Module 3 sal ander kunsvorme soos beeldhou , argitektuur en grafiese media ondersoek word.

STAP 1

Aangesien ons in die alledaagse lewe omring word met ‘n verskeidenheid van kunsvoorwerpe, -beelde en -werke, is dit belangrik om tussen al die verskillende visuele kunsvorme (teken, skilder, argitektuur, beeldhou, ontwerp, kunsvlyt en grafiese media) te kan onderskei.

Kyk na elkeen van die illustrasies hieronder en besluit dan watter kunsvorm (argitektuur, ontwerp, kunsvlyt, teken, skilder, grafiese kuns, beeldhou) by watter illustrasie pas.

Verskillende Kunsvorme

Nadat die opvoeder die verskillende kunsvorme met julle bespreek het, kan jy nou ‘n kort opsomming of beskrywing van elke kunsvorm A tot D neerskryf om by die illustrasie te pas:

A:

B:

C:

D:

E:

F:

G:

STAP 2

As tuisopdrag kan jy jou eie voorbeelde van elke kunsvorm versamel en dit in jou Leerderjoernaal hou. Onthou om goeie opskrifte te gee.

AKTIWITEIT 2

OM 'N BEWERTJIE (“MOBILE”) VAN GEMENGDE MEDIA TE SKEP

[LU 2.8]

Bring ‘n draadhanger klas toe en gebruik dit as basis vir ‘n bewertjie (‘n kunswerk wat gehang kan word en wat kan beweeg). Jy kan na die voorbeelde van verskillende kunsvorme in jou Leerderjoernaal kyk as inspirasie vir die skepping van jou eie verskeidenheid kunsvormvoorbeelde.

Jy kan byvoorbeeld ‘n tekening maak, ‘n prent skilder, van draad ‘n mannetjie maak, ‘n kartonhuisie maak, ‘n stringetjie krale inryg, ‘n lekkergoedpapiertjie ontwerp en ‘n patroon met ‘n aartappel op ‘n stukkie lap druk.

Waar jy probleme met materiale of media het, kan jy prentjies van sekere kunsvorme op karton plak en net so gebruik. Wanneer jy genoeg voorbeelde het, kan jy hulle met garing aan die draadhanger hang.

Laat jou onderwyser die voltooide bewertjie in die klaskamer of elders in die skoolgebou ophang.

AKTIWITEIT 3

OM DIE DOEL EN BETEKENIS VAN POPULÊRE KULTUUR TE BEGRYP

[LU 2.9]

STAP 1

Die opvoeder sal ‘n gekopieerde bladsy van een dag se televisieprogramme aan jou gee. Kyk hoeveel verskillende soorte programme jy kan raaksien en skryf hulle in die tabel hieronder.

Soorte Televisieprogramme

NAAM VAN PROGRAM TIPE PROGRAM

STAP 2

Verskaf antwoorde op die vraelys hieronder.

1. Noem die naam van jou gunsteling televisieprogram.

2. Hoekom hou jy daarvan?

3. Kan die program jou van mening laat verander?

4. Hoekom/ Hoekom nie?

5. Wat in die program is bekend aan jou?

6. Hoe sou jy voel as jy vir ‘n maand lank nie na jou televisieprogram kon kyk nie?

7. Sou jy belangrike inligting misloop as jy nie daarna kon kyk nie?

8. Dink jy nuwe tegnologie sou jou televisie-kykgewoontes kon verander?

9. Hoekom/ Hoekom nie?

10. Watter produk of maatskappy adverteer gereeld wanneer jou program vertoon word?

11. Pas die advertensie(s) by die program?

12. Hoekom/ Hoekom nie?

13. Wat is vir jou die snaaksste advertensie?

14. Wat in die advertensie laat jou lag?

15. Van watter karakter in ‘n advertensie hou jy die meeste?

16. Hoekom hou jy van hierdie karakter?

STAP 3

Skep nou jou eie advertensiekarakter vir ‘n denkbeeldige produk.

Kies eers die tipe produk (lekkergoed, ontbytkos, seep, speelgoed, rekenaartoerusting, video-speletjies, kitskos, klere, ensovoorts) wat jou karakter gaan adverteer en teken dan jou karakter.

Hou dit eenvoudig, duidelik en aanloklik.

Assessering

LU 2

REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

VISUELE KUNSTE

2.8 tussen verskillende kunsvorme kan differensieer, bv. teken, skilder, argitektuur, beeldhou, ontwerp, handkunswerk en grafiese media;

2.9 op beelde, ontwerpe en kunshandwerke wat in volkskultuur, prente en foto’s gebruik word, reageer in terme van doel, inhoud, vorm, kontraas en betekenis.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10976/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask