<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Die planeet aarde en die heelal

Module 38

Praat oor satelliete

Aktiwiteit:

Om oor satelliete te praat

[lo 1.3, 3.1]

Satelliete

  • Wanneer voorwerpe ‘n roete of ‘n pad in die buitenste ruimte volg, word dit ‘n wentelbaan genoem.
  • Vuurpyle of pendeltuie stuur satelliete in die ruimte in tot in ‘n wentelbaan waar dit teen net die regte spoed moet beweeg. As dit te vinnig beweeg, kan dit dalk tot in die buitenste ruimte wegskiet; as dit te stadig beweeg, kan dit terug na die aarde val. Mense gebruik rekenaars op aarde om die spoed van die satelliete te beheer.

Die nut van satelliete

Hou ‘n groepbespreking oor die nut van satelliete en kyk hoeveel voordele julle groep kan opnoem. Gee terugvoering aan die klas en skryf die beste hieronder neer.

Hoe het satelliete ontstaan?

Die volgende sinne het deurmekaar geraak. Kyk of jy hulle in die regte volgorde kan plaas deur die nommers reg in die blokkies te rangskik.

1. In 1957 het die Russe die eerste mensgemaakte satelliet die ruimte ingestuur. Sy naam was Sputnik 1. Kyk of julle meer inligting oor Sputnik 1 kan kry.

2. Isaac Newton het geglo dat mense ‘n satelliet kan maak en in die ruimte instuur om om die aarde te wentel, net soos die maan, maar hy het iets nodig gehad om die satelliet in die ruimte te kry!

3. In 1961 is die eerste mens, Yuri Gagarin, die ruimte ingestuur. Hierna is satelliete gereeld die ruimte ingestuur.

4. ‘n Amerikaner, Robert Goddard, het in 1926 ‘n vuurpyl gebou wat nie baie hoog getrek het nie, maar dit was darem ‘n begin van die ruimte-tegnologie.

5. In 1957 het Amerika toe probeer om ook ‘n satelliet te lanseer, maar die Vanguard het op die lanseerplatform ontplof!

6. In 1957 is ‘n hond met die naam van Laika, in Sputnik 2, ook die ruimte ingestuur, en dit het bewys dat lewende wesens in ruimtetuie kan reis.

  • Trek 32 ewe groot blokkies op ‘n skoon bladsy. Jou onderwyser sal vir jou ‘n voorbeeld van ‘n ruimtetuig wys wat gelanseer word. Jy kan dieselfde teken, of jy kan jou eie prentjieboekie se tema kies.
  • Teken nou ‘n prentjie in elke blokkie. Die prentjies moet op mekaar volg en beweging veroorsaak wanneer dit gebind is en dan vinnig geblaai word.
  • As jou prentjies klaar is, knip dit baie netjies uit. Maak twee gaatjies aan die een kant, plaas dit in die korrekte orde van 1 – 32. No. 1 moet onder wees. Bind dit met ‘n stringetjie tou vas. Jy kan dit met kleeflint ook versterk.
  • Hou nou jou boekie by die vasgebinde kant vas en flits (“flick”) die bladsytjies van agter na voor met jou ander hand. Jy behoort nou jou prentjies te sien beweeg. Dis groot pret!

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LEERUITKOMS 3: WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWINGDie leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

3.1 wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis verstaan.

Memorandum

SATELLIETE

  • Die nut van satelliete
  • Hou ‘n groepbespreking oor die nut van satelliete en kyk hoeveel julle groep kan opnoem. Gee terugvoering aan die klas en skryf die bestes neer. Die volgende is goeie voorbeelde:
  • Ons kan met mense regoor die wêreld praat d.m.v. telefoon, fakse, internet, e-pos.
  • Ons kan foto’s van die ruimte neem.
  • D.m.v. foto’s kry ons inligting oor wat in die ruimte en op ander planete aan die gang is.
  • Ons kan uit die ruimte na die aarde kyk.
  • Die weer kan korrek voorspel word.
  • Ons kan radio luister.
  • Ons kan na direkte sportuitsendings op televisie kyk, al is dit in enige ander land aan die gang.

HOE HET SATELLIETE ONTSTAAN?

1. Isaac Newton het geglo dat mense ‘n satelliet kan maak en in die ruimte instuur om die aarde te wentel, net soos die maan, maar hy het iets nodig gehad om die satelliet in die ruimte te kry!

2. ‘n Amerikaner, Robert Goddard, het in 1926 ‘n vuurpyl gebou wat nie baie hoog getrek het nie, maar dit was darem ‘n begin van die tegnologie.

3. In 1957 het die Russe die eerste mensgemaakte satelliet die ruimte ingestuur. Sy naam was Sputnik 1. Kyk of julle meer inligting oor Sputnik 1 kan kry.

4. In 1957 is ‘n hond met die naam van Laika, in Sputnik 2, ook die ruimte ingestuur en dit het bewys dat lewende wesens in ruimtetuie kan reis.

5. In 1957 het Amerika toe probeer om ook ‘n satelliet te lanseer, maar die Vanguard het op die lanseerplatform ontplof!

6. In 1961 is die eerste mens, Yuri Gagarin, die ruimte ingestuur. Hierna is satelliete gereeld die ruimte ingestuur.

  • Wys genoeg prente en boeke sodat die leerders ‘n goeie idee van satelliete kan kry.
  • Iets interessants: Maak nou jou eie aksie-prentjieboekie.
  • Aangeheg is ‘n voorbeeld wat u aan die klas kan wys. Laat hulle hul eie kreatiewe boekies maak.

Questions & Answers

if three forces F1.f2 .f3 act at a point on a Cartesian plane in the daigram .....so if the question says write down the x and y components ..... I really don't understand
Syamthanda Reply
hey , can you please explain oxidation reaction & redox ?
Boitumelo Reply
hey , can you please explain oxidation reaction and redox ?
Boitumelo
for grade 12 or grade 11?
Sibulele
the value of V1 and V2
Tumelo Reply
advantages of electrons in a circuit
Rethabile Reply
we're do you find electromagnetism past papers
Ntombifuthi
what a normal force
Tholulwazi Reply
it is the force or component of the force that the surface exert on an object incontact with it and which acts perpendicular to the surface
Sihle
what is physics?
Petrus Reply
what is the half reaction of Potassium and chlorine
Anna Reply
how to calculate coefficient of static friction
Lisa Reply
how to calculate static friction
Lisa
How to calculate a current
Tumelo
how to calculate the magnitude of horizontal component of the applied force
Mogano
How to calculate force
Monambi
a structure of a thermocouple used to measure inner temperature
Anna Reply
a fixed gas of a mass is held at standard pressure temperature of 15 degrees Celsius .Calculate the temperature of the gas in Celsius if the pressure is changed to 2×10 to the power 4
Amahle Reply
How is energy being used in bonding?
Raymond Reply
what is acceleration
Syamthanda Reply
a rate of change in velocity of an object whith respect to time
Khuthadzo
how can we find the moment of torque of a circular object
Kidist
Acceleration is a rate of change in velocity.
Justice
t =r×f
Khuthadzo
how to calculate tension by substitution
Precious Reply
hi
Shongi
hi
Leago
use fnet method. how many obects are being calculated ?
Khuthadzo
khuthadzo hii
Hulisani
how to calculate acceleration and tension force
Lungile Reply
you use Fnet equals ma , newtoms second law formula
Masego
please help me with vectors in two dimensions
Mulaudzi Reply
how to calculate normal force
Mulaudzi
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask