<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 9

Fisiese ontwikkeling en beweging: fiksheidspeil en bewegingsvermoë

Module 18

Om jouself in terme van jou fiksheidspeil te assesseer

Aktiwiteit 1

Om jouself in terme van jou fiksheidspeil te assesseer

[LU 4.3]

LU 4.3

Jy kan ’n leerkrag in beheer van sport of ander fisiese aktiwiteite vra om jou te help om ’n kort fiksheidstoets op te stel.

Een van die probleme met die opstel van ’n fiksheidstoets is dat verskillende aktiwiteite verskillende vaardighede en fiksheid toets. Hou in gedagte dat die fiksheidstoets die volgende moet toets:

  • Kardiovaskulêre fiksheid (hart en longe)
  • Spierfiksheid
  • Oorweeg die volgende:
  • Neem jou polsslag en skryf die telling per minuut in die tabel hieronder. Draf dan een maal om die sportveld (400m) en neem weer jou polsslag en skryf dit neer. Rus en neem jou polsslag weer na 5 minute. Vergelyk jou telling met dié van jou maats.

Hierdie aktiwiteit sal ’n aanduiding gee van kardiovaskulêre fiksheid. Indien jy ook ’n paar hindernisse insluit wat vereis dat die deelnemer oor iets moet spring of onder deur iets moet kruip, sal spierfiksheid ook ter sprake kom.

Indien daar ’n groep geesdriftige fietsryers in jou skool of klas is, kan daar ’n tydtoets gereël word. So ’n tydtoets kan fisies en geestelik uitmergelend wees, aangesien so ’n fietsryer alleen vir ’n lang tyd teen ’n hoë snelheid moet aanhou trap.

Aktiwiteit Polsslag
Wat ge­toets word Beskrywing van aktiwiteit rustend direk na deelname 30 minute na deelname *
Kardio-vaskulêre fiksheid (hart en longe)
1.1 400m draf
1.2 Bankie-klim vir 1 minuut
1.3
1.4
1.5
Spierfiks­heid
2.1 Opstote (‘push-ups’)
2.2 Opsitte (‘sit-ups’)
2.3 Hurk (‘squats’)
2.4
2.5
2.6
2.7

* (toets herstelvermoë)

Dink aan minstens nog twee oefeninge vir elk van die twee toetse. Toets jouself weer en voltooi die tabel.

  • Hoe vergelyk jou fiksheidspeil met dié van jou maats?
  • Kardiovaskulêre fiksheid
  • Spierfiksheid

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
Liggaamlike Ontwikkeling en Beweging Die leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
4.2 eie bewegingsvermoë, insluitend rotasie, balans en evaluasie verfyn en dit saam met dié van die portuurgroep evalueer;
4.3 eie fiksheid beoordeel en persoonlike doel­stellings vir die verbetering daarvan stel;
4.4 ‘n wedstrydplan vir ‘n individuele of spansport krities evalueer en uitvoer;
4.5 verslag doen en ‘n bespreking voer oor sportetiek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask