<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 8

Module 9

Om geskrewe taal in digvorm te verstaan en te waardeer

AKTIWITEIT 1

Om geskrewe taal in digvorm te verstaan en te waardeer

LU 1.1 LU 1.5 LU 3.1 LU 3.5
LU 3.6
  • Nou verskuif ons na ’n ander dapper poging. Lees die onderstaande gedig deur en beantwoord die vrae wat daaroor gestel word.

Teks A

Lees Klara Majola deur D J Opperman. Dit verskyn in Engel uit die klip uitgegee deur TAFELBERG.

1. Vertel in een sin wat Klara Majola gedoen het en wat sy oorgekom het.

2. ’n Mens sê darem nie gewoonlik: iemand vergader hout nie, maar veel eerder: iemand maak hout bymekaar. Waarom het die digter dan hier vergader gebruik?

3. Watter woord in strofe 1 berei ons voor dat iets buite ons verwagting gebeur het?

4. Tot dusver (strofe 1) het die verteller twee keer die naam Klara Majola net so gebruik, maar nou, in strofe 2 voeg hy “klein” by. Watter effek bereik hy/probeer hy oordra met dié woord?

5. Wat beteken bros (kapok)? Waarom, dink jy, gebruik die verteller dié woord, en sê hy nie maar net “kapok” nie?

6. Hoewel die gebeure in die Bokkeveld afspeel (die gebied agter Ceres), kry “Bokkeveld” in die gedig ’n ander betekenis ook. [Ons sê die woord roep ’n ander betekenis op]. Wat kan dié woord nog hier beteken?

7. In strofe 2 gebruik die verteller ’n pragtige beeld wanneer hy na Klara verwys. Watter soort beeldspraak gebruik hy?

8. Bespreek die beeld in die laaste twee reëls van strofe 2 en besluit veral oor die volgende:

  • Is dit gepas (pas die beeld by die omgewing waarin die gedig afspeel)?
  • Is dit ’n goeie beeld (sê dit iets van hoe Klara lyk)?
  • Sê dit meer as wat net ’n gewone beskrywing sou sê?

As ons by so ’n vraag antwoord dat dit werk, sê ons dis ’n GESLAAGDE VERGELYKING (of metafoor, of watter beeldspraak dit ook al is).

9. Lees nou weer die hele gedig en kyk dan spesifiek na strofe 3.

  • Hoe verskil strofe 3 se inhoud (plek/ruimte en tyd) van die vorige twee strofes?

10. Waarna verwys ”koue geweld” hier binne die konteks van die gedig, en spesifiek in hierdie strofe?

11. In strofe 2 gebruik die verteller die woorde “bros kapok”. Waarom verander hy dan nou en gebruik “koue geweld”? (Sê dit meer?)

12. Waar is die verteller nou?

13. Het “Bokkeveld” hier nog dieselfde twee betekenismoontlikhede as in strofe 2? Verduidelik jou antwoord.

14. In die laaste reël kry ons ’n pragtige TEENSTRYDIGHEID/PARADOKS wanneer die verteller sê Klara het “warm . . . verkluim.”

  • (KONTRAS/TEENSTELLING/TEENSTRYDIGHEID is baie dikwels ’n TEGNIEK wat ’n digter/skrywer gebruik om meer trefkrag te gee aan wat hy wil oordra.)
  • Wat bedoel hy met hierdie paradoks?

15. Ons kry in hierdie strofe ook ’n woord waarmee die verteller homself teenoor Klara stel. Skryf die woord neer.

16. Die verteller kom tot ’n sekere ontdekking oor homself in die slotstrofe. Skryf dit in een sin neer.

17. Verduidelik nou waarom die verteller die naam “Klara Majola” so baie in die gedig herhaal.

18. Skryf die rymskema van die gedig neer.

19. Wat noem ons dié soort rympatroon?

AKTIWITEIT 2

Om taal in verskillende kontekste met mekaar te vergelyk en begrip te toon vir die onderskeie aanwendings daarvan

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask