<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Die aarde en daarbuite

Die sterre

Opvoeders afdeling

Memorandum

  • Opdrag is duidelik uiteengesit in module. Sien assesseringskriteria.
  • Wenk: Om kaarte oud te laat lyk, kan dit rondom die kante gebrand,

gefrommel en met flou tee geverf word.

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die roetes van die vroeë ontdekkingsreisigers wat sterre vir navigasie gebruik het, te kan aandui [lu 2.3]

Vroeë ontdekkingsreisigers het gedurende die dag met behulp van die son en snags met behulp van die sterre en eenvoudige navigasie-toerusting hul rigting gevind.

Doen navorsing oor die vroeë ontdekkingsreisigers en teken ‘n wêreldkaart met byskrifte vir die kontinente en belangrikste oseane. Gee jou kaart ‘n titel en dui noord daarop aan. (Besluit oor ‘n geskikte grootte vir jou kaart.)

Kies enige twee van die volgende ontdekkingsreisigers en dui die roete aan wat hulle op hulle reise gevolg het. As die ontdekkingsreisiger meer as een reis onderneem het, moet dit duidelik aangedui word.

  • Bartholomeus Dias
  • Vasco da Gama
  • Christopher Columbus
  • Ferdinand Magellaan
  • David Livingstone
  • Marco Polo
  • Robert Scott
  • Francis Drake

Probeer nou om die kaart oud te laat lyk, asof dit werklik aan die ontdekkingsreisiger behoort het.

LEERKRAGASSESERING

KRITERIA 1 2 3 4
1. Al sewe kontinente aangedui.
2. Oseane wat betrekking het op ontdekkings aangedui. (Minimum)
3. Titel
4. Noord aangedui.
5. Korrekte grootte van kaart sodat inligting gemaklik inpas.
6. Roete(s) korrek aangedui.

Assessering

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.1: Dis duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask