<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 9

Kritiese en kreatiewe refleksie

Module 10

Invloede en omstandighede wat ‘n kunstenaar se ontwikkeling vorm

VISUELE KUNSTE

Aktiwiteit 1:

Om na te vors hoe invloede en omstandighede ‘n kunstenaar se ontwikkeling vorm

[LU 2.7, 2.11]

In hierdie leereenheid (Visuele Kuns) gaan jy die invloede op, en omstandighede, persoonlik en geskiedkundig, rakende ‘n spesifieke kunstenaar se werk, ondersoek.

Stap 1

Voordat jy jou eie navorsing gaan doen, sal jou onderwyser eers die internasionale kunstenaar, David Hockney, met julle behandel. Julle gaan na die volgende aspekte kyk (skryf die antwoorde in jou joernaal):

  • AGTERGROND VAN DIE KUNSTENAAR

Wanneer en waar is die kunstenaar gebore?

Wat was die kunstenaar se belangstellings en/of stokperdjies as kind?

Het die kunstenaar formele opleiding in kuns ontvang? Indien wel, waar?

  • INVLOEDE OP DIE KUNSTENAARVYFTIGERJARE

Watter kunsstyle en/of kunstenaars het aan die begin ‘n invloed op die kunstenaar gehad?

Wat was die neiging in kuns gedurende daardie jare?

Hoe het die kunstenaar se werk aan die begin gelyk?

Het daar enige geskiedkundige kunsgebeure plaasgevind? Verduidelik.

SESTIGERJARE

Was daar enige persoonlike gebeure of ervarings gedurende hierdie tydperk wat ‘n invloed op die kunstenaar gehad het? Indien wel, verduidelik.

Kan enige persoonlike kenmerke reeds in die kunstenaar se werk herken word? Indien wel, noem hulle.

Beskryf die kunstenaar se styl op hierdie tydstip.

Noem een of meer voorbeelde van ander kunsvorme, soos musiek, wat die kunstenaar beïnvloed het.

Met watter media het die kunstenaar gedurende hierdie jare gewerk?

SEWENTIGERJARE

Het modes en tegnologiese vooruitgang die kunstenaar beïnvloed? Verduidelik, indien wel.

Met watter temas het die kunstenaar gedurende hierdie tydperk gewerk?

Het die kunstenaar dieselfde media as vroeër gebruik? Indien nie, verduidelik.

Noem enige geskiedkundige gebeure wat die kunstenaar se werk beïnvloed het.

Hoe het die kunstenaar se belangstellings as kind later ‘n invloed op sy werk gehad?

  • VOORBEELDE VAN DIE KUNSTENAAR SE WERK

Bestudeer ‘n paar van die kunstenaar se werke en verduidelik hoe omstandighede en invloede deur die jare in daardie werke gesien kan word.

Onthou om te kyk in watter jaar die spesifieke kunswerk geskep is en vergelyk dit dan met die gebeure in die kunstenaar se lewe in daardie tyd.

Stap 2

Jy gaan nou ‘n kunstenaar van jou keuse navors. Die onderwyser sal vir jou name van kunstenaars gee waaruit jy kan kies. Gebruik dieselfde formaat as hierbo om vir jou rigting te gee. Doen die taak in jou leerderjoernaal en onthou om ‘n bibliografie van al die bronne wat jy vir inligting gebruik het, aan die einde saam te stel.

N abetragtingsvrae

Dink oor jou navorsingsproses en beantwoord die volgende vrae:

1. Watter hulpbronne het vir jou die meeste met jou navorsing beteken?

2. Was die inligting wat jy gekry het akkuraat en insiggewend? Waarom? Waarom nie?

3. Het hierdie benadering jou gehelp om die invloede op kunstenaars se werk beter te verstaan? Waarom? Waarom nie?

Aktiwiteit 2:

Om navorsing in verband met ‘n kunstenaar in die praktyk toe te pas

[LU 2.5]

Stap 1

Jy gaan deur middel van hierdie aktiwiteit jou navorsing oor ‘n spesifieke kunstenaar toepas deur ‘n modelteater in die styl van daardie kunstenaar te skep. Maar eers moet die konstruksie gemaak word (sien illustrasie):

Sny ‘n verhoogopening in die een stuk stewige karton.

Teken en sny drie reghoekige gate aan die sye en die voorkant van die graankoshouer (om lig deur te laat).

Gom dan die graankoshouer tussen die twee stukke stewige karton vas – die stuk karton met die verhoogopening moet aan die voorkant van die graankoshouer met die gat geplak word en die tweede stuk karton aan die toe agterkant van die graankoshouer.

Knip die bokant van die graankoshouer oop.

Die basiese struktuur van die modelteater is nou klaar en kan geverf of versier word.

Stap 2

Nou kan die binnekant van die modelteater gemaak word. Dit moet egter in die styl van die bestudeerde kunstenaar wees.

Teken en verf of gee kleur aan die agtergrond van die verhoog op ‘n aparte vel A4- papier.

Plak die agtergrond vas op die binneste agterkant van die graankoshouer.

Teken en verf, of kleur verdere prentjies op kleiner stukkies A4-papier om as syvleuels op die verhoog te dien.

Buig ‘n klein stukkie van die onderkante van die syvleuels om sodat hulle kan regop staan en gom dit binne die oop sye van die graankoshouer vas – ongeveer twee per sy.

Laastens kan karakters of figure geteken, geverf of ingekleur en uitgeknip word. Hierdie figure se onderkante moet omgebuig word sodat hulle regop kan staan. (Prentjies van figure kan ook uit tydskrifte geknip en dan op karton geplak word.)

Stap 3

Die klas se modelteaters sal in die skoolgebou uitgestal word!

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
GESAMENTLIK
2.3 kan analiseer hoe kulture mekaar affekteer en hoe hulle verandering ondergaan;
2.4 die rol wat tegnologie in die vorming van prosesse en produkte in drama, dans, musiek en kuns oor die tyd heen gespeel het, kan analiseer;
2.5 die begrippe mag, kontrole en dominering in massamedia- en volkskultuurverband kan bespreek en vertolk;
DANS
2.7 besin en vergelykings tref oor hoe sosiale danse hulle tyd weerspieël;
DRAMA
2.8 die positiewe en negatiewe effekte van televisie, radio, dokumentêre programme of rolprente op ons lewens kan analiseer;
2.9 ‘n resensie oor ‘n plaaslike of ander dramaproduksie kan skryf, met verwysings na konvensies van die opvoer en elemente van drama;
MUSIEK
2.10 die wyse waarop musiek in liedjies, rituele, publieke gebeure, rolprente, opera of advertensies gebruik word om reaksies te ontlont, kan analiseer;
VISUELE KUNSTE
2.11 die invloede en omstandighede wat die ontwikkeling van ‘n Suid-Afrikaanse, Afrika- of internasionale kunstenaar uit die verlede of hede bepaal, kan ondersoek en verduidelik.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask