<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 6

Persoonlike ontwikkeling

Module 11

Groepdruk en hantering daarvan

Aktiwiteit 1:

Om deur middel van rolspel emosies uit te beeld

[lu 3.2]

Groepgedrag

Rolspel

Die onderwyser skryf die volgende situasies op stukkies papier, gooi dit in ‘n papiersak en elke groep trek ‘n onderwerp daaruit.

Moontlike situasies word hieronder beskryf (die opvoeder kan ook meer of ander situasies uitdink wat betrekking het op die lewensomstandighede van die leerders).

LW: Dit is belangrik dat die emosies of gevoelens van al die rolspelers uitgebeeld word. Let daarop dat in sommige van die situasies aggressiewe optrede uitgebeeld sal word. Dit is belangrik dat die leerders goed sal nadink oor effektiewe maniere om hierdie aggressiewe gedrag binne die rolspel te hanteer.

In al die tonele kom probleemsituasies voor. Ten minste een van die rolspelers moet met ‘n positiewe oplossing vir die situasie na vore kom.

  1. Die hoofkarakter word uitgenooi na ‘n partytjie wat ‘n oorslaapnaweek by ‘n maat is. Die maat se ouers is oorsee. Al die partye weet dit. ‘n Paar vriende het al ingestem om die partytjie by te woon. Hulle plaas druk op die hoofkarakter om ook te kom.

Rolverdeling: Hoofkarakter (seun of meisie)

Pa

Ma

Ouer broer(s) en/of suster(s)

  1. ’n Paar maats kom nà skool na jou en vra of jy nie saam met hulle sal kom dagga rook in ‘n verlate klubhuis op die golfbaan nie. Hulle het dit al dikwels gedoen en sê slegs “sissies” is nie bereid om te eksperimenteer nie.

Rolverdeling:

Hoofkarakter (seun of meisie)

‘n Groep maats (seuns en meisies van grade 6, 7 en 8)

  1. Die twee “koelste” leerders in graad 6 spreek af om pouse in die aantrekkamers agter die verhoog saam te rook. Hulle nooi ‘n paar ander graad sesse om te kom deel in die “avontuur”.

Rolverdeling:

Hoofkarakters (seuns of meisies)

‘n Groep maats (seuns en meisies van graad 6)

  1. ‘n Paar van die “koel” ouer ouens (bendelede) in die buurt vra twee graad 6-leerders om die aand saam met hulle “graffiti” te gaan verf op ‘n ander bendegroep se skuilplek.

Rolverdeling:

Hoofkarakters (seuns of meisies)

Twee maats (seuns en meisies van graad 6)

LW: Algemene klasbespreking na afloop van hierdie rolspel is uiters belangrik. Die leiding en die houding van die opvoeder sal die sukses en die erns van hierdie onderwerpe bepaal.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
Persoonlike ontwikkelingDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • oor sy/haar eie vermoëns, aanleg, belangstellings en sterk punte, asook selfbeeld, besin;
  • verduidelik hoe om in verskillende situasies op groepdruk te reageer;
  • deernis toon deur vir mense en diere om te gee;
  • die vaardigheid toon om in verskillende konfliksituasies die vrede te behou en as bemiddelaar op te tree;
  • verduidelik wat geleer is deur oor eie ervaring met betrekking tot selfbestuursvaardighede na te dink;
  • ‘n verskeidenheid probleemoplossings-vaardighede vir verskillende kontekste beskryf en kies.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11001/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask