<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 8

Veranderende idees en tegnologieë: eerste wêreldoorlog

Module 12

Duikbote en loopgraaf-oorlogvoering in die eerste wêreldoorlog

AKTIWITEIT 1

Om duikbote as ’n kenmerk van die Eerste Wêreldoorlog te kan bespreek

LU 3.1 LU 3.2 LU 3.3 LU 3.4 LU 3.7

LEESSTUK 1

Aanvanklik wou Amerika (VSA) niks met die oorlog te doen hê nie. Die bekende isolasiebeleid van die Amerikaners het bepaal dat hulle nie in die politieke gebeure van Europa betrokke sou raak nie. Hulle enigste aandeel sou wees om voedsel en oorlogsmateriaal aan die vegtende Geallieerdes te verskaf.

Brittanje het ’n vlootblokkade opgestel om te keer dat oorlogsvoorrade hul vyande bereik. Britse voorraadskepe het oor die Atlantiese Oseaan van die VSA na Europa noodsaaklike oorlogsmateriaal verskeep. Duitsland het sy wapentegnologie ingespan om van die duikboot ’n uiters doeltreffende oorlogswapen te maak. Die duikbote het neutrale en oorlogskepe wat oorlogwater binnegevaar het, gekelder. Die totale tonnemaat van ’n miljoen ton aan skepe met hul voorraad is in April 1917 gekelder (gesink). In die praktyk het dit beteken dat Brittanje se voedselvoorrade gedaan was. Die magtige Britse Ryk was afhanklik van sy handel en die voorrade van sy kolonies het op die seebodem beland.

Die Duitsers is gewaarsku oor hul "onbeperkte duikbootoorlog", maar het dit as effektiewe oorlogvoering gesien. President Woodrow Wilson is deur die openbare gevoel in Amerika wat skerp teen die Duitsers gedraai het, verplig om oorlog te verklaar aan die kant van die Geallieerdes. Dit is juis hierdie toetrede van die Amerikaners op ’n tydstip toe die Geallieerdes besig was om die stryd te verloor, wat die Eerste Wêreldoorlog in die guns van die Geallieerdes beslis het.

Opdrag:

  • VRAE OOR DIE INTERPRETASIE VAN DIE SWARTGEDRUKTE KERNSIN:

1. Sê in ’n volsin wanneer iets as onbeperk beskryf kan word?

/2/

2. Sê in ’n volsin wanneer iets effektief is.

/2/

3. Dink jy dat die swartgedrukte woorde hierbo “onbeperkte duikbootoorlog” ’n Duitser se woorde was? Motiveer jou antwoord.

/3/

4. Waarom het die twee groepe die duikbootoorlog verskillend geïnterpreteer?

/3/

5. HERSIENING:

Stelling: Duitsland het sy wapentegnologie ingespan om van die duikboot ’n uiters doeltreffende oorlogswapen te maak.

5.1 Hierdie stelling is ’n feit / opinie. /1/

5.2 As ek uit die stelling die twee woorde /1/

en uithaal, dan bly slegs die /1/

feit / opinie oor /1/

5.3 Dui met ’n karet ^ aan waar EN watter woorde jy sal inlas om die stelling bevooroordeeld te maak.

Duitsland het sy wapentegnologie ingespan om van die duikboot ’n uiters doel­tref­fende oorlogswapen te maak. /1/

/ 15 /

LU 3.1 LU 3.2 LU 3.3 LU 3.4 LU 3.7

Opdrag: Die NAVORSINGSPROJEK

  • Jy het nou inligting ontvang oor soorte wapens en die gebruik daarvan. Kies nou jou eie onderwerp vir die tema: TEGNOLOGIESE ONTWIKKELING .
  • Leerders wat belangstel in wapens kan kies om navorsing te doen oor duikbote. Kyk weer na die vereistes vir ’n goeie projek in die bespreking in Module 1. In Leesstuk 3 word melding gemaak van die HMS Dreadnought. Leerders wat belangstel in slagskepe, kan navorsing doen oor die tegnologiese ontwikkeling van wapens bv. kanonne op skepe en die latere vliegdekskepe.
  • Indien jy meer belangstel in die moderne rekenaartegnologie van vandag, moet jy steeds die oorsprong/begin daarvan, navors. Jy moet ontwikkeling kan aantoon.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask