<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 6

Ontdekkingsreise in afrika

Module 10

‘donker afrika’ lok baie avonturiers

Aktiwiteit 1:

Om meegaande bronne te bestudeer en dan verslag daaroor te doen

[lu 1.1, 1.2, 1.3]

Gebruik die volgende tien bronne (of bekom nog bronne), sodat jy die opdrag later kan uitvoer.

BRON A - Ontdekking van die wêreld

Europa en Britse Eilande

Noord-Amerika

China

Amerika

Australië

Binneland van Afrika

Noord- en Suidpool

BRON B - Ontdekkers van Afrika

1 Ontdekkers v.C.
2 Suid-Afrikaners
3 Mungo Park
4 Twee Landers
5 Burton, Speke, Grant, Baker
6 Livingstone
7 Stanley

BRON C - “Enkele ontdekkings” in Afrika

ONTDEKKINGSREISIGER DATUM(S) PLEKKE BESOEK
1. Park 1805 – 6 Gambia en Nigerrivier
2. Campbell 1813 Oranjerivier
3. Moffat 1820 Griekwastad en Kuruman
4. Caillil 1827 – 8 Timbuktu
5. Die Lander broers 1830 Nigerrivier
6. Galton en Andersson 1850 – 2 Walvisbaai, Namaqualand, Rehoboth, Damaraland en Ovamboland
7. Burton en Speke 1857 – 8 Tanganyikameer
8. Speke 1858 Victoriameer
9. Rohlfs 1879 – 9 Nylrivier
10. Thomson 1879 – 80 Malawimeer
11. Thomson 1883 – 4 Kilimanjaro
12. Stanley 1887 – 9 Zan zibar
13. Forreau 1898 – 1900 Kongorivier

BRON D - Ontdekkers van Suidelike Afrika

600 v.C.1485 1488 1497 1652 ::::: Farão IIDiogo Cão stuur seemanne na Afrika DiasDa GamaJan van Riebeeck

BRON E - Francois le Vaillant (1753 – 1784)

BRON F – Thunberg (1771– 1779)

Hy besoek Mosselbaai, Plettenbergbaai, Namakwaland, Damaraland, Betsjoeanaland en die Kalahari.

Hy besoek die volgende plekke: Bergrivier, Knysna, Gamtoosrivier, Saldanha, St. Helenabaai, Hexrivierberge, Swellendam, Kromrivier, Sondagsrivier

BRON G – Mungo Park (1805 – 1806)

Die mense is eerste gelok na Afrika deur die stad van rykdom, Timboektoe en om die oorsprong van die Nigerrivier te vind. In 1794 is Mungo Park (Skotland) gekies om dié twee geheime te gaan opklaar. Sy reis het goed begin, maar later is hy besteel en in ‘n tronk gegooi deur van die plaaslike regeerders. Hy het later wel daarin geslaag om te ontsnap en bereik tog die Nigerrivier. Sy ervaringe het hy opgeteken in sy boek: Travels in the Interior Districts of Africa . Sy tweede ekspedisie het in 1805 begin en het rampspoedig geëindig toe Park en sy manne verdrink het nadat hulle deur soldate aangeval is. Tot 1830 het mense probeer om die oorsprong van die Nigerrivier te vind, maar hulle was onsuksesvol.

BRON H – René Caillié (1827 – 1828)

‘n Fransman, René Caillié, het gereageer op die beloning van 10 000 frank. In April 1828 bereik hy Timboektoe om uit te vind dat die stad verarm het en dat die handelskaravane nie meer die plek besoek het nie. René het wel sy beloning ontvang.

BRON I – 1740–1838

Ses mense sterf in die soektog na die oorsprong van die Nigerrivier:

D. HughtonM. ParkF. HornemannJ. RitchieW. OudneyH. Clapperton

BRON J – BURTON, GRANT EN SPEKE

Vir miljoene mense was die Nylrivier in Egipte ‘n belangrike bron van lewe. Elke dag het die mense van die Nyl se water gebruik, maar die oorsprong het altyd ‘n groot geheim gebly. Reeds van vroeg af het die mense probeer om die oorsprong te vind, maar was onsuksesvol as gevolg van groot afstande, kwaai hitte en koors wat die mense oorval het. Ptolemaeus se kaart met die Maanberge het avontuursoekers geprikkel om na die oorsprong te gaan soek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11008/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask