<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Vermenigvuldiging en deling

Vermenigvuldiging

Opvoeders afdeling

Memorandum

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die gelykwaardigheid en geldigheid van verskillende voorstellings te bepaal [lu 2.6.3]

Om strategieë te gebruik om oplossings te kontroleer [lu 1.11]

In die vorige aktiwiteit het jul die geleentheid gehad om jul eie strategieë en tegnieke te gebruik om die probleme op te los. Uit jul terugvoering aan die klas het jul seker besef dat daar talle maniere is waarop ons die produk kan bereken. Kom ons kyk nou na ‘n paar ander voorbeelde.

1. Verdeel in groepe van drie. Lees die volgende probleem en bestudeer dan die verskillende oplossings.

Zwade sê sy gesin se munisipale rekening was die afgelope 18 maande gemiddeld R953,00 per maand. Watter bedrag het Zwade se pa altesaam aan die munisipaliteit betaal?

1.1 Ek moet 953 × 18 bereken:

Dus: (953 x 20) – (953 x 2)

953 x 20 = 953 x 10 x 2

= 9 530 x 2

= 19 060

953 x 2 = 1 906

Die antwoord is dus 19 060 – 1 906 = 17 154

1.2 953 x 18 = (953 x 10) + (953 x 8)

= 9 530 + 7 634

= 17 154

1.3 Ek moet 953 × 18 bereken en 18 = 10 + 5 + 1 + 2

18 953
10 9 530
5 4 765
1 953
2 1 906
18 17 154

1.4 Ek bereken dit so:

953

x 18

24 (8 x 3)

400 (8 x 50)

7 200 (8 x 900)

30 (10 x 3)

500 (10 x 50)

9 000 (10 x 900)

17 154

1.5 My metode lyk so:

9 5 3

x 1 8

7 6 2 4

9 5 3 0

1 7 1 5 4

2. Verduidelik kortliks aan jou groeplede hoe elk van die metodes hierbo werk.

3. Watter metode verkies JY? ____________________________________

Hoekom? ____________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.11: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om oplossings te kontroleer en die redelikheid van oplossings te beoordeel.

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.6: Dit is duidelik wanneer die leerder deur bespreking en vergelyking, die ekwivalensie van verskillende beskrywings van dieselfde verwantskap of reël wat soos volg voorgestel word bepaal:

2.6.3: met getallesinne.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask