<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 4

Module 14

DIALOOG EN PARAGRAWE

Aktiwiteit 1

Om ‘n dialoog te voltooi [LU2.1.3]

Om navorsing te doen [LU 5.2.3]

Op die volgende blad volg 'n kamma-gesprek tussen 'n slak en 'n rooijakkals. Ons noem so 'n gesprek tussen twee karakters 'n dialoog.

  • Kies vir jou ‘n maat en besluit wie is die slak en wie is die rooijakkals.
  • Lees die dialoog deur.
  • Voltooi nou die dialoog. Julle sal die nodige inligting in die biblioteek kan bekom. Die belangrikste is dat die rooijakkals se woonplek beskryf word.

(b)

  • Wanneer julle gereed is, kan julle die dialoog vir die res van die klas opvoer of dramatiseer.

Slak : Oppas! Kyk mooi waar jy met jou groot pote trap!

Rooijakkals : Wie se pieperige stemmetjie is dit?

Slak : Gmff. Jou lummel! As jy nog een tree gee met jou linkerpoot, trap jy my skulp stukkend.

Rooijakkals : Wie se skulp? Oooo, nou sien ek jou, ou Slakkie.

Slak : Uiteindelik! Jy weet seker my skulp is my woning óók. Daarsonder kan ek nie leef nie.

Rooijakkals : Nou hoe kan jy met jou woning op jou rug rondloop?

Slak : Jy sien, my skulp is hard en beskerm my liggaam.

Rooijakkals : Hoe so?

Slak : Ek kan my spiervoet en my kop in my skulp intrek. Die res van my lyf bly altyd in my skulp. Jy kan maar sê ek het 'n permanente woning op my rug. Wat van jou? Waar skuil jy?

Rooijakkals :

............................................................................................................................

............................................................................................................................

............................................................................................................................

............................................................................................................................

Hier is 'n lekker storie om hardop te lees.

DIE STORIE VAN OOM NEELSIE EN HERRIE

Oom Neelsie se vrou wou baie graag 'n strandhuis hê. 'n Strandhuis kos ongelukkig 'n groot klomp geld en oom Neelsie kon dit nie bekostig nie. Hy het egter 'n baie slim plan bedink.

Hy het 'n ou tremwa êrens in die hande gekry. 'n Outydse tremwa lyk baie soos ons hedendaagse dubbeldekker busse, maar het nie 'n stuurwiel nie.

Oom Neelsie het hierdie tremwa omskep in 'n spoggerige dubbelverdiepinghuis op wiele. Hy het die sitplekke uitgehaal en met behulp van afskortings vertrekke gemaak. Heelbo, op die dak, het hy 'n stoep ingerig.

Maar hoe gemaak om die huis te laat beweeg? Die affêre was te swaar vir 'n span osse. In daardie dae was daar nog baie min motorkarre, wat nog te sê bakkies of 4x4’s! Die huis het toe maar agter in die tuin gestaan.

Toevallig het hulle 'n klompie sirkusdiere op die dorp verkoop. Oom Neelsie het 'n bod gemaak op 'n yslike olifant sonder om eintlik te dink wat hy met hom moet maak. So word hy toe die eienaar van 'n olifant. By die huis is die olifant ingespan om die tuin nat te spuit en te help om die vuur te stook.

Oom Neelsie se dogter, Engela, het die blink idee gekry om Herrie, die olifant, voor die tremwa in te span. So kon hy hulle see toe trek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask