<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 6

Strukture

Module 11

Ortografiese tekeninge

OPDRAG 1:

Teken ‘n ortografiese aansig van jou voltooide houertjie.

LU/AS 1.12

Wat is ‘n ortografiese tekening?

Dit is ‘n metode om ‘n voorwerp korrek vanuit verskillende aansigte te teken. Elke aansig word geteken asof dit ‘n plat vlak is. Gewoonlik word ‘n figuur vanuit drie aansigte geteken, nl. die vooraansig, die sy-aansig en die oorhoofse of bo-aansig.

a) Hier onder volg ’n aantal 3D-figure. Langs hulle is telkens drie vorms. Dit is hoe die figuur van voor, van die kant en van bo sal lyk. Skryf onder elke 2D-vorm of dit die beeld van voor, van die sy of van bo is.

b) Kom ons oefen eers om ‘n ortografiese tekening te maak.

Onthou:

  • Doen dit op geruite papier.
  • Sorg dat die lengte, breedte en hoogte van die figuur aangedui word.
  • Begin met die voor-aansig wat altyd in die linkerkantse boonste hoek geteken word.
  • Die bo-aansig word daarna in die linkerkantse onderste hoek geteken (verleng die vertikale sye van die voor-aansig).
  • Die sy-aansig (van regs) word altyd in die regterkantse boonste hoek geteken (verleng die horisontale sye van die vooraansig).
  • Elke spasie op die asse stel een cm voor. Begin eers by die eerste merkie.
  • Halveer die oorblywende ruimte skuins oor die vooraansig met ‘n 45°-diagonale lyn. Gebruik hierdie lyn om die lengtes vanaf die bo-aansig na die sy-aansig oor te dra.
  • Voltooi al drie aansigte en verskaf die nodige byskrifte.
  • Maak nou ook nog 2D-tekeninge van die volgende 3D-vorms. Dui eers die aansigte by elke vorm aan.

OPDRAG 2:

Probeer om rofweg ‘n skuinsaansigtekening van jou houertjie op geruite papier te maak. Dui die afmetings (lengte, breedte en hoogte) aan.

LU/AS 1.12

Probeer om die houertjie ortografies vanuit die aansigte voor te stel (geruite papier).

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen :
Kommunikeer:
1.12 maak gepaste sketse (bv. tweedimensionele sketse van idees met byskrifte, uitgebreide tekeninge van finale oplossing en tekeninge met afmetings) om verskillende inligting gepas en doeltreffend te kommunikeer.

Memorandum

Opdrag 1

(a) 1 voor sy bo

(a) 2 bo sy voor (kan omruil)

(a) 3 voor bo sy

(a) 4 bo sy voor (skets moet skuins lê)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11004/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask