<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 9

My loopbaan vorentoe

Module 16

Opleidingsinstansies

1 . Universiteit

  • kursusse is meer teoreties
  • geskik vir die abstrakte denker wat ‘n breë kennisbasis soek waarop hy kan bou
  • meeste professionele beroepe verg universiteitstudie (dokter, tandarts, prokureur, onderwyser, ens.)
  • streng minimum vereistes geld vir toelating en elke departement het sy eie vereistes
  • ‘n matrikulasievrystellingsertifikaat is nodig
  • grade en diplomas word aan ‘n universiteit verwerf

2 . Technikon

  • klem word op teorie sowel as prakties geplaas
  • opleiding vir meeste gespesialiseerde beroepe kan aan ‘n technikon gedoen word
  • diplomas en tegniese grade kan verwerf word
  • ‘n matrikulasievrystelling is nie nodig vir toelating nie
  • elke departement het sy eie toelatingsvereistes

3 . Kollege

  • `n Kollege is vir die persoon wat ‘n akademiese kwalifikasie wil verwerf, maar tegelykertyd vaardighede wil ontwikkel wat geskik is vir die arbeidsmark
  • kursusse is teoreties sowel as prakties
  • entrepreneurskap word by meeste kursusse ingesluit
  • sertifikate en diplomas kan verwerf word
  • matrikulasievrystelling is nie nodig vir toelating nie
  • Hoe kies ek my vakke?
  • Watter vakke geniet ek?
  • In watter vakke doen ek goed in?
  • In watter vakke is ek geïnteresseerd?
  • Wat wil ek doen na skool?
  • Watter vakke het ek daarvoor nodig?
  • Het ek ‘n matrikulasievrystelling nodig?Breë riglyne:
WiskundeWetenskapBiologie vir wetenskaplike rigting = dokter ingenieur tegnikus tegnoloog programmeerder
EkonomieWiskundeRekeningkunde vir handelsrigting = bemarkerrekenmeesterversekeringsmakelaar
RekenaartikBedryfsekonomieEkonomieRekeningkunde vir handelsrigting = sekretaressebesigheidsbestuuradministratiewe klerke
GeskiedenisAardrykskundeKunsDramaTale vir geesteswetenskappe = sjefakteur/kunstenaaronderwysersielkundigemaatskaplike werkerbinnehuisversierder

  • Wat is matrikulasievrystelling?
  • Vakke vir matriek kan geneem word op Hoër - of Standaardgraad
  • Hoërgraadvakke tel uit 400 en berus tot ‘n groot mate op insig
  • Slaagsyfer vir Hoërgraadvakke is 40%
  • Standaardgraadvakke tel uit 300 en berus tot ‘n groot mate op die weergee van kennis
  • Slaagsyfer vir Standaardgraadvakke is 33,3%
  • Vir ‘n matrikulasievrystelling het ‘n mens die volgende kombinasie vakke nodig:
  • twee landstale, albei op HG
  • nog twee vakke op HG, albei uit ander groepe as die tale
  • m.a.w. vier HG-vakke uit drie verskillende groep
  • die ses vakke moet uit vier verskillende groepe gekies word
  • vra die voorligtingonderwyser vir ‘n uiteensetting van die vakke wat by jou skool aangebied word, met ‘n verduideliking van die groepe (A – F) waarna verwys word
  • Profielblad
  • Stel nou ‘n profiel saam oor jouself, gebaseer op al die inligting wat jy reeds oor jouself ingesamel het.

PERSOONLIKHEID

BELANGSTELLING

VERMOËNS

BESTE VAKKE EN ANDER KENNIS

WAARDES

BEROEPE VAN MY KEUSE

  • Pas die beroepe by die eienskappe omtrent jouself soos jy hulle aangedui het? Verskaf redes:
  • Waar sal jy moet studeer om hierdie beroep te kan beoefen?
  • Watter vakke moet jy in grade 10 tot 12 volg om dit te kan doen?

[LU 5.2]

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 5
Oriëntering Ten Opsigte Van Die Wêreld Van WerkDie leerder sal in staat wees om ingeligte keuses oor verdere studie- en loopbaankeuses te maak.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
5.1 die voorsieners van fondse vir studie en beroepe navors;
5.2 eie beroeps- en studiekeuses motiveer;
5.3 krities reflekteer en verslag lewer oor geleenthede in die werkplek;
5.4 regte en verantwoordelikhede in die werkplek bespreek;
5.5 ‘n plan vir eie lewenslange leer saamstel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask