<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Energie-oordrag en kragte

Opvoeders afdeling

Memorandum

  • Voorbeelde van selfassessering by die module ingesluit om leerder se bydrae tot die debat te assesseer asook ‘n kontrolelys vir die navorsingstaak.

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die verstandige aanwending van die aarde se hulpbronne te beklemtoon [lu 3.2]

NAVORSINGSTAAK

a. Doen navorsing oor die kernongeluk wat in 1986 by Chernobyl in Rusland plaasgevind het. Skryf ten minste een folioblad oor die skrikwekkende gevolge van die ramp ten opsigte van die inwoners, asook die omgewing.

of

b. Vind uit wat met die seelewe gebeur wanneer skepe olie lek.

c. Hou ‘n klasdebat. Verdeel in twee groepe.

Die een groep moet teen kernkrag betoog, terwyl die ander groep ten gunste van die gebruik daarvan moet argumenteer.

Gebruik jou kennis van kernbrandstowwe en fossielbrandstowwe, asook van hernubare energiebronne (die son, wind en water) om jou argumente voor te berei.

Gebruik die volgende vraelys om jou insette te assesseer.

SelfassesseringNavorsing
Naam : ___________________________________________________________
Onderwerp : ______________________________________________________
Graad : ___________________________________________________________
LEERDER OPVOEDER
JA NEE JA NEE
Het jy meer as een bron gebruik?
Is jy seker dat jy deurgaans jou eie woorde gebruik het?
Het jy ‘n sinvolle inleiding?
Het jy die opdrag geniet?
Het jy jou kennis verbreed deur die uitvoer van die opdrag?

Selfassessering

Debatvoering

Naam:

Datum:

Altyd Soms Nooit
Het ek my argumente duidelik gestel?
Het die ander na my argumente geluister?
Het ek my groeplede se argumente ondersteun?
Kon ek uitbrei op my groeplede se argumente?
Het ek die gepaste woorde gebruik?
Kon ek die ander groep se argumente weerlê?

Besparing van energie

Alternatiewe energiebronne soos windenergie is wel omgewingsvriendelik, maar baie duur. Ons sal dus moet voortgaan om fossielbrandstowwe (steenkool,olie, gas, hout, ens.) te gebruik. Hoewel nuwe steenkool- en oliereserwes steeds ontdek word, sal dit uiteindelik uitgeput raak. Dit is dus uiters belangrik dat ons ons energiebronne so doeltreffend as moontlik gebruik.

Elektrisiteit is gerieflik en prakties, maar dit moet opgewek word en daar is kostes aan verbonde. Elektriese toestelle word volgens hulle verbruik van elektrisiteit geklassifiseer. Dit word in watt of kilowatt (1 000 watt) gemeet. Elektrisiteitsrekeninge word bereken volgens die getal eenhede wat deur die elektrisiteitsmeter aangedui word. Die eenheid is kilowatt-uur – dit is die elektrisiteit wat per uur deur ‘n 1 kilowatt-toestel verbruik word. ‘n Outomatiese wasmasjien word gewoonlik as ‘n 3 kilowattt-toestel beskou. Dit beteken dat ‘n mens vir elke uur wat die wasmasjien deurlopend werk, ‘n rekening vir drie eenhede moet verwag.

Assessering

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon .

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder die volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan: ontleed inligting oor volhoubare en nie-volhoubare gebruik van hulpbronne.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 16, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11078/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask