<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 4

MY WOONPLEK

Module 14

WIE WOON DAAR?

Aktiwiteit 1

Om gebeure te voorspel [LU 1.1.2]

Om kort antwoorde op vrae te gee [lu2.1.2]

'n kind bly maar nuuskierig ('n leesstuk)

(a) Lees die volgende leesstuk in jul groepe. Beantwoord dan die vrae mondelings in jul groepe.

Hoekom is dit dat elke keer as ons verby die huis op die hoek van ons straat stap, ons eers 'n rukkie stilstaan en wonder oor wat daar binne aangaan?

Hierdie geheimsinnige dubbelverdiepinghuis wat met plante toegerank is, is vir die kinders in ons straat die grootste uitdaging. Die hoë heining om die huis maak dat ons nie bo-oor kan sien nie en daarom gaan staan ons stil by die skewe tuinhekkie en loer deur die openinge tussen die kromgetrekte planke om te sien of daar werklik iemand woon.

Nog nooit het ons 'n venster oop gesien of 'n rokie uit die skoorsteen gesien trek nie. By die voordeur lê so baie blare dat dit lyk asof niemand ooit die voorstoep vee nie. Die lang gras wat om die huis groei, sal net die regte speelplek vir 'n kind wees. Alles lyk so verlate, maar saans brand daar ligte in die huis en kan jy bewegings agter die gordyne, wat voor die vensters hang, sien.

Sal ons dit waag om die tuinhekkie oop te maak, met die paadjie langs tot by die voordeur te loop en die deurklokkie te lui... of is ons te bang?

Naslaan:
geheimsinnig - secretive
uitdaging - challenge
kromgetrekte - bent wood
verlate - lonely
toegerank - covered by a creeper

Bespreek die vrae mondelings in julle groepe en rapporteer terug aan die klas.

(i) Waarom gaan staan al die kinders stil as hulle verby die dubbel-verdiepinghuis stap?

(ii) Hoe lyk 'n dubbelverdiepinghuis?

(iii) Hoekom sal kinders daarvan hou om in die lang gras te speel?

(iv) Wat laat ons dink dat niemand ooit die stoepe vee nie?

(v) Hoe kan die kinders sien wat om die huis aangaan?

(vi) Wat beteken dit dat niemand ooit 'n venster oop gesien het nie?

(vii) Dink jy die huis is werklik verlate?

(viii) Hoekom brand daar saans lig?

(ix) Voltooi nou die storie mondelings in jul groepe. Vertel vir die ander groepe.

Aktiwiteit 2

Om byskrifte by ‘n skets te skryf [LU 1.3.2]

Om korrek te spel [LU 4.5.2]

Buite die huis ('n luisteraktiwiteit en woordeskat)

Julle onderwyser sal vir julle woorde wys wat op 'n flitskaart óf op die bord óf op 'n transparant geskryf is.

(a) Kyk en luister goed as jul onderwyser die woorde een vir een aan julle wys en sê.

Elke leerder soek op die prent hieronder ‘n nommer wat by die woord pas en skryf dan die nommer hieronder neer in die volgorde soos jul opvoeder dit sê.

.........................................................................................................

Jou opvoeder sal nou weer die woorde lees. Vergelyk jou nommers met die res van jou groepie.

(b) Skryf nou hierdie woorde langs die regte nommer in die lyne onder die prent. Maak seker dat jy hulle reg spel.

......................................................................................................................

......................................................................................................................

......................................................................................................................

......................................................................................................................

......................................................................................................................

......................................................................................................................

Aktiwiteit 3

Om te verstaan dat verskillende persone verskillende rolle speel [LU 3.1.2]

Wie woon waar? (lees en mondeling)

Kyk na die ry huise in Wesstraat en na die prente van die inwoners van die huise. Wie dink julle pas by watter huis?

Die leidrade op die volgende bladsy sal julle help. Lees die leidrade en skryf die huisnommer neer.

Mnr. Smith

Mnr. en mev. Petersen

Mnr. en mev. Johnston

Mej. Bailey

Mev. Williams

Mev. Manning

Mnr. James

Leidrade Huisnommers
Mnr. Smith werk graag in sy tuin.
Mnr. en mev. Petersen het 'n baba.
Mnr. en mev. Johnston het twee kinders.
Mej. Bailey het 'n hond.
Mev. Williams gaan na 'n ander dorp verhuis.
Mev. Manning swem graag.
Mnr. James is sportief.

Assessering

Leeruitkoms 1: luister

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • stories verstaan (aan leerders vertel of gelees):
  • voorspel wat volgende gaan gebeur.

1.3 mondelinge beskrywings verstaan:

1.3.2 ‘n diagram van byskrifte voorsien;

Leeruitkoms 2: praat

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.1 interaksie in sy/haar addisionele taal voer:

2.1.2 kort antwoorde op vrae gee.

Leeruitkoms 3: lees en kyk

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.1 sommige elemente van stories op ‘n eenvoudige manier verstaan:

3.1.2 karakters (soos: Dink aan gepaste name vir karakters sonder name).

Leeruitkoms 4: skryf

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.5 ontwikkelende kennis gebruik van taalstruktuur en – gebruik:

4.5.2 bekende woorde korrek spel.

Memorandum

Aktiwiteit 2 (b)

1. TV-antenna

2. Dak

3. Motorhuis of garage

4. Skoorsteen of kaggel

5. Rook

6. Venster

7. Stoep

8. Garagedeur

9. Tuin of blombedding of struike

10. Plaveisel of tuinpaadjie

11. Swembad

12. Heining

13. Posbus

Aktiwiteit 3

  • ses
  • twaalf
  • twee
  • veertien
  • vier
  • agt
  • tien

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask