<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 4

Module 12

TRAPPE VAN VERGELYKING

Aktiwiteit

Om meer van trappe van vergelyking te leer [LU 6.2.13]

Hier onder is ‘n paar wonings wat ons met mekaar gaan vergelyk.

(a)

groot groter grootste

Ons sien die dubbelverdieping is groter as die huis en die kasteel is die grootste .

klein kleiner kleinste

Die tent is kleiner as die hut en die takskerm is die kleinste .

hoog hoër hoogste

Hier sien ons dat die woonstelblok hoër as die dubbelverdiepingwinkel is en die toringgebou is die hoogste .

  • Watter letters word by die middelste woord gevoeg? .................
  • Watter letters word by die laaste woord gevoeg? ........................
  1. Ons noem dit Trappe van Vergelyking . Die middelste trap word die vergrotende trap genoem en die laaste trap die oortreffende trap. Wat beteken hierdie twee vetgedrukte woorde?

Vul die vergrotende en oortreffende trappe van die woorde op die volgende bladsy in. Wees egter versigtig by die vergrotende trap. Soms word ‘n klinker weggelaat of word daar ‘n medeklinker bygevoeg. Deeltekens word ook in sommige gevalle gebruik.

  1. mooi .......................... ...........................

stout .......................... ...........................

geel .......................... ...........................

gehoorsaam .......................... ...........................

kwaad .......................... ...........................

slim .......................... ...........................

dun .......................... ...........................

sag .......................... ...........................

los ............................ ...............................

Assessering

Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.2 met sinne werk:

  • alledaagse adjektiewe verstaan en gebruik: verbuiging, trappe van vergelyking, intensiewe vorme.

Memorandum

Aktiwiteit

(a) er

(b) ste

(d)

mooi mooier mooiste
stout stouter stoutste
geel geler geelste
gehoorsaam gehoorsamer gehoorsaamste
kwaad kwater kwaadste
slim slimmer slimste
dun dunner dunste
sag sagter sagste
los losser losste
breed breër breedste
moeg moeër moegste
laag laer laagste
koud kouer koudste
lank langer langste
goed beter beste

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask