<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Energie-oordrag en stelsel

Bronne van energie en energiesisteme

Opvoeders afdeling

Memorandum

Battery: ses selle

Opdrag 5:

Vrystel van energie: As die pole/kontakpunte van die battery verbind word, vloei daar ‘n stroom en die energie word vrygestel.

12 Volt: Dit dui op die hoeveelheid energie wat in die battery gestoor is/die hoeveelheid werk wat gerig kan word.

Sisteem: Die selle is aanmekaar verbind en verskaf saam energie deurdat hulle in ‘n oplossing lê. Hulle is aan twee pole verbind wat in ‘n stroombaan gekoppel kan word.

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die battery as bron van elektriese energie te kan beskryf [lu 1.3]

  • Wanneer ons twee of meer selle saam gebruik, staan dit as ‘n battery bekend. ‘n Voorbeeld van so ‘n battery is ‘n motorbattery. Ons kan gewoonlik die selle uitken, omdat elke sel ‘n opening met ‘n skroefdoppie het waar ons gedistilleerde water moet ingooi. Buiten die water bevat die battery ook ‘n sterk vretende suur, nl. swawelsuur. Die motorbattery is ‘n sterk bron van elektrisiteit.

‘n Motorbattery

Hoeveel selle het hierdie battery?_____________________________________

Opdrag 5

  • Maak jou eie battery

Versamel ‘n klompie nikkel en brons muntstukke. Daar word voorgestel dat jy agt van elk versamel. Plaas hulle bo-op mekaar en skei telkens die brons en nikkel muntstukke met ‘n blokkie kladpapier wat vooraf in soutwater geweek is. Gebruik jou battery om ‘n apparaat, byvoorbeeld ‘n gloeilampie, te laat werk!

1. Hoe word die energie wat in 'n battery gestoor word, vrygestel?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2. Beskryf die battery as 'n sisteem:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

3. Probeer vasstel wat 12 Volt beteken:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask