<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Gewone breuke en desimale breuke

Desimale breuke

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Daar is 5 modules:

1. Getalbegrip, Optelling en Aftrekking

2. Vermenigvuldiging en Deling

3. Breuke en Desimale Breuke

4. Meting en Tyd

5. Meetkunde; Datahantering en Waarskynlikheid

4 Dit is belangrik dat opvoeders die modules in volgorde (soos hierbo genoem) sal doen, aangesien die leerders die vorige module se kennis en vaardighede benodig vir die daaropvolgende module.

3. GEWONE EN DESIMALE BREUKE (LU 1; 2 EN 5)

LEEREENHEID 1 FOKUS OP GEWONE BREUKE

  • Hierdie module is ‘n voortsetting van die werk wat in graad 5 gedoen is. Daar word uitgebrei op die optelling en aftrekking van breuke, en die berekening van ‘n breuk van ‘n sekere hoeveelheid word ook hersien.
  • Maak seker dat die leerders die korrekte terminologie bemeester het, asook die korrekte strategieë om bogenoemde korrek te bereken.
  • Kritieke Uitkoms 5 (Effektiewe kommunikasie deur visuele, simboliese, en/of taalvaardighede op verskillende maniere te gebruik) is hier van toepassing.
  • 3 weke behoort voldoende te wees om hierdie module te voltooi.
  • ** Aktiwiteit 17 is ‘n taak vir die portefeulje. Hoewel dit ‘n baie eenvoudige opdrag is, moet leerders in staat wees om dit netjies en akkuraat uit te voer. Leerders moet voor die tyd weet hoe opvoeders die taak gaan assesseer.

LEEREENHEID 2 FOKUS OP DESIMALE BREUKE

  • Hierdie module is ‘n uitbreiding op werk wat in graad 5 afgehandel is. Leerders moet nou in staat wees om desimale breuke korrek af te rond tot die naaste tiende, honderdste en duisendste. Beklemtoon weer die korrekte metode om op te tel en af te trek (vertikaal). Gee ook baie aandag aan die vermenigvuldiging en deling van desimale breuke.
  • Aangesien leerders laasgenoemde nogal moeiliker vind, kan 3 - 4 weke aan dié module spandeer word.
  • ** Aktiwiteit 19 is ‘n taak vir die portefeulje. Die opdrag is baie eenvoudig, maar leerders moet in staat wees om dit netjies en akkuraat uit te voer. Leerders moet voor die tyd weet hoe opvoeders die taak gaan assesseer.
DESIMALE BREUK ÷ 10 ÷ 100 ÷ 1 000
0,3 0,03 0,003 0,0003
0,9 0,09 0,009 0,0009
0,45 0,045 0,0045 0,00045
3,48 0,348 0,00348 0,000348
1,02 0,102 0,0102 0,00102
0,368 0,0368 0,00368 0,000368
2,041 0,2041 0,02041 0,002041

2.1 een plek na links

2.2 twee plekke na links

2.3 drie plekke na links

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om waargenome reëls in eie woorde te beskryf [lu 2.2]

Om uitvoerwaardes vir gegewe invoer-waardes te bepaal [lu 2.3.3]

1. UITDAGING!

Werk in groepe van drie. Gebruik presies dieselfde getalle as in 3.1 en deel hulle eers deur 10, dan 100 en dan 1 000. (Julle mag ‘n sakrekenaar gebruik).

Voltooi die tabel:

DESIMALE BREUK ÷ 10 ÷ 100 ÷ 1 000
0,3
0,9
0,45
3,48
1,02
0,368
2,041

2. Kyk of julle nou die volgende sinne kan voltooi:

2.1 Wanneer ons ‘n desimale breuk deur 10 deel, skuif die desimale komma

  • Wanneer ons ‘n desimale breuk deur 100 deel, skuif die desimale komma
  • Wanneer ons ‘n desimale breuk deur 1 000 deel, skuif ons die desimale komma

Tyd vir self-assessering

Dit is belangrik dat ons sal weet of jy die voorafgaande werk verstaan. Wys vir ons in watter mate jy dit bemeester het deur die kriteria te lees en die toepaslike gesiggie in te kleur.

Assessering

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.2: verwantskappe of reëls wat waargeneem is in eie woorde beskryf;

Assesseringstandaard 2.3: uitsetwaardes bepaal vir gegewe insetwaardes deur gebruik te maak van:

2.3.3 tabelle.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask