<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Energie en verandering

Module 30

Vuur as bron van energie

Aktiwiteit:

Om te praat oor hoe vuur as bron van energie gebruik is/word

[lu 3.1, 3.2]

Baie jare gelede het die mens ontdek hoe om vuur te maak. Hulle het stokkies wat hulle in die veld opgetel het, lank en hard teen mekaar gevryf. As jy dit probeer, sal jy voel hoe die stokkie warm word. So het ‘n vonkie dan ontstaan wat die fyn, droë takkies en blaartjies aan die brand gesteek het. As jy ook jou hande teen mekaar vryf, voel jy die hitte. Ons noem dit wrywing.

Hoe kon vuur die mens help?

Teken ‘n paar prentjies waaraan jy kan dink. Skryf ‘n oulike byskriffie by elkeen.

Vuur word vandag nog gebruik om gesellig te verkeer en om kos gaar te maak. Dink maar hoe lekker gesels mense om ‘n kampvuur in die Krugerwildtuin of by die huis wanneer ons braaivleis maak. Sommige mense gebruik ook vuur om warm te bly. Wanneer ons kampeer, maak ons ‘n vuurtjie om onsself warm te hou.

Sommige mense in ons land het net vuur om hulself warm te hou; hulle het nie elektrisiteit in hulle huise nie.

Bespreek die prentjie hierbo na aanleiding van die volgende vrae:

  • Wat noem ons hierdie bron van energie en waar moet ‘n mens dit soek?
  • Hoekom dra ‘n vrou dit? Waar is die mans?
  • Wat kan ‘n mens alles met hierdie energiebron doen?
  • Dink jy dis veilig vir hierdie vrou om dit te soek?
  • Wat is die nadele van hierdie metode, veral vir die natuur?

Verbeel jou julle kampeer. Jy voel baie moeg aan die einde van die dag en is lus vir ‘n lekker warm koppie sop. Jy het darem sop, vuurhoutjies en ‘n potjie saamgebring. Daar is genoeg hout en klein takkies rondom die kampterrein.

Wanneer jy jou kampvuur maak, die potjie opwarm en die sop drink, vind ‘n wetenskaplike proses plaas. Toe jy die vuur aansteek om die hout te laat brand, het die chemiese energie in hitte-energie verander. Die hitte-energie het die sop laat kook. Nadat jy die sop gedrink het, het jou liggaam die chemiese energie in die sop laat verander in potensiële energie. Daarna verander jou liggaam dit weer in kinetiese energie (bewegingsenergie) wat jou liggaam tydens die kampekspedisie nuttig sal gebruik. Jou liggaam verander energie. Sommige van die chemiese energie wat jy in kos kry, word deur jou liggaam na potensiële energie en daarna in kinetiese energie verander. Sommige van die chemiese energie word na hitte-energie verander om jou warm te hou.

Vuur is gevaarlik! Pasop!

Vuur kan ook baie gevaarlik wees. ‘n Mens moet baie versigtig wees wanneer jy met vuur werk. ‘n Mens lees dikwels in die koerante, of sien op televisie, dat mense in hulle hutte verkool het. Lees die volgende koerantberig:

Drie jong kinders het die naweek in hul hut verkool, terwyl hulle ouers by die werk was. Omstanders en bure was te laat om die kindertjies te help wat onophoudelik geskreeu het. Hulle was binne vasgekeer deur die vlamme wat onmiddellik deur die res van die hut versprei het. Die sterk wind het veroorsaak dat die vuur vinnig na omliggende hutte versprei het en nog 25 hutte is afgebrand.

Die brandweermanne het die vlamme so gou as moontlik probeer blus en ontdek dat die kinders ‘n vuur in ‘n konka in die hut gemaak het. Vermoedelik het die konka omgeval toe hulle rondom die vuur gespeel het, en dit het die brand veroorsaak.

Nadat jy na die les geluister het, vul die ontbrekende woorde in die sinne in.

(Woorde: koper, nie-geleiers, goeie, rubber, geleier, hout, staal, yster, plastiek)

  1. Materiale wat hitte deurlaat, noem ons ‘n .
  2. Metale soos , en

is geleiers van hitte.

  1. Ander materiale soos ,

en sommige is swak geleiers, hulle word

genoem.

Nie-geleiers is in baie opsigte waardevolle materiale. Die handvatsels van potte en panne word hiervan gemaak, sodat ons hande nie kan brand wanneer ons kos maak nie. Brandweermanne dra ook spesiale klere wat van hierdie materiale gemaak is. Dit verhoed dat die vuur by hulle liggame uitkom.

Die meeste energie wat van vuur verkry word, is hitte-energie wat ons kry wanneer ons brandstof verbrand. Die eerste brandstof was hout, maar steenkool brand met ‘n baie warmer vlam.

Vuur is ook gebruik om was te smelt om kerse te maak en olielampe en fakkels aan te steek.

Toe vuurhoutjies ontdek is, het dit die mens se lewe nog makliker gemaak. Hoekom?

Assessering

LEERUITKOMS 3: WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWING Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Assesseringstandaard

Dit is duidelik wanneer die leerder

3.1 wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis verstaan;

  • die impak van wetenskap en tegnologie verstaan.

Memorandum

VUUR AS ‘N BRON VAN ENERGIE

Bespreek die prentjie na aanleiding van die volgende vrae:

  • Wat noem ons hierdie bron van energie en waar moet ‘n mens dit soek? Ons noem dit hout, ons soek dit in die woude en in die veld.
  • Hoekom dra ‘n vrou dit? Waar is die mans? Dit is in sommige stamme tradisioneel dat vrouens die hout gaan soek en aandra kamp toe, terwyl die mans met die beeste werk.
  • Wat kan ‘n mens alles met hierdie energiebron doen? Enige aanvaarbare antwoord.
  • Dink jy dis veilig vir hierdie vrou om dit te soek? Nee, daar kan baie gevare wees: wilde diere, slange, booswigte wat in die bosse skuil.
  • Wat is die nadele van hierdie metode, veral vir die natuur? Dit roei ons bome uit, bome word verniel as takke afgekap word.

Ontbrekende woorde

1. Materiale wat hitte deurlaat, noem ons ‘n geleier.

2. Metale, soos yster, staal en koper is goeie geleiers van hitte.

3. Ander materiale, soos rubber, hout en sommige plastiek, is swak geleiers, hulle word nie-geleiers genoem.

Nie-geleiers is waardevolle materiale. Die handvatsels van potte en panne word hiervan gemaak, sodat ons hande nie kan brand wanneer ons kos maak nie. Brandweermanne dra ook spesiale klere wat van hierdie materiale gemaak is. Dit veroorsaak dat die vuur nie by sy liggaam kan uitkom nie.

Questions & Answers

A golfer on a fairway is 70 m away from the green, which sits below the level of the fairway by 20 m. If the golfer hits the ball at an angle of 40° with an initial speed of 20 m/s, how close to the green does she come?
Aislinn Reply
cm
tijani
what is titration
John Reply
what is physics
Siyaka Reply
A mouse of mass 200 g falls 100 m down a vertical mine shaft and lands at the bottom with a speed of 8.0 m/s. During its fall, how much work is done on the mouse by air resistance
Jude Reply
Can you compute that for me. Ty
Jude
what is the dimension formula of energy?
David Reply
what is viscosity?
David
what is inorganic
emma Reply
what is chemistry
Youesf Reply
what is inorganic
emma
Chemistry is a branch of science that deals with the study of matter,it composition,it structure and the changes it undergoes
Adjei
please, I'm a physics student and I need help in physics
Adjanou
chemistry could also be understood like the sexual attraction/repulsion of the male and female elements. the reaction varies depending on the energy differences of each given gender. + masculine -female.
Pedro
A ball is thrown straight up.it passes a 2.0m high window 7.50 m off the ground on it path up and takes 1.30 s to go past the window.what was the ball initial velocity
Krampah Reply
2. A sled plus passenger with total mass 50 kg is pulled 20 m across the snow (0.20) at constant velocity by a force directed 25° above the horizontal. Calculate (a) the work of the applied force, (b) the work of friction, and (c) the total work.
Sahid Reply
you have been hired as an espert witness in a court case involving an automobile accident. the accident involved car A of mass 1500kg which crashed into stationary car B of mass 1100kg. the driver of car A applied his brakes 15 m before he skidded and crashed into car B. after the collision, car A s
Samuel Reply
can someone explain to me, an ignorant high school student, why the trend of the graph doesn't follow the fact that the higher frequency a sound wave is, the more power it is, hence, making me think the phons output would follow this general trend?
Joseph Reply
Nevermind i just realied that the graph is the phons output for a person with normal hearing and not just the phons output of the sound waves power, I should read the entire thing next time
Joseph
Follow up question, does anyone know where I can find a graph that accuretly depicts the actual relative "power" output of sound over its frequency instead of just humans hearing
Joseph
"Generation of electrical energy from sound energy | IEEE Conference Publication | IEEE Xplore" ***ieeexplore.ieee.org/document/7150687?reload=true
Ryan
what's motion
Maurice Reply
what are the types of wave
Maurice
answer
Magreth
progressive wave
Magreth
hello friend how are you
Muhammad Reply
fine, how about you?
Mohammed
hi
Mujahid
A string is 3.00 m long with a mass of 5.00 g. The string is held taut with a tension of 500.00 N applied to the string. A pulse is sent down the string. How long does it take the pulse to travel the 3.00 m of the string?
yasuo Reply
Who can show me the full solution in this problem?
Reofrir Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask