<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 4

Uitdrukking en kommunikasie

Module 10

Visuele kuns

Visuele kuns

Aktiwiteit 1

Om kontoere te teken (individueel) [lu 4.7]

Blinde Kontoerteken

In hierdie oefening gaan ons net met lyne teken. Onthou: daar is baie verskillende soorte lyne! Kyk na die voorbeelde hieronder en kyk hoeveel verskillende soorte lyne jy kan opnoem:

Wanneer jy teken, mag jy nie die potlood se punt van die papier af lig nie! Die lyn moet dus aaneenlopend wees. Jy mag ook nie na jou tekening kyk terwyl jy teken nie. Jy moet heeltyd jou oë op die voorwerp wat jy teken, hou en eers na die tekening kyk wanneer jy klaar geteken het. Probeer om nie net die buitelyne nie, maar al die randjies van die voorwerp se vorms te teken.

 Gebruik ‘n potlood om eers ‘n organiese voorwerp, soos byvoorbeeld ‘n vrug, groente, ‘n blaar, ‘n takkie, ‘n klip, ensovoorts, te teken.

 Vervolgens moet jy ‘n mensgemaakte voorwerp, soos byvoorbeeld ‘n horlosie, ‘n kledingstuk, ‘n skoen, ‘n bottel, ensovoorts, teken.

Onthou dat die tekening gemaak word om die voorwerp se lyne te soek en nie om ‘n ‘mooi’ tekening te maak nie!

Gewysigde Kontoerteken

Vir hierdie oefening gaan jy dieselfde twee voorwerpe, wat jy in die vorige oefening gebruik het, teken. Daar is egter ‘n paar verskille: nou gebruik ons ‘n pen om mee te teken en jy mag na jou tekening kyk terwyl jy teken. Die pen mag egter nog steeds nie die papier waarop jy teken, verlaat nie.

Aktiwiteit 2

Om ‘n patroon te skep (individueel) [lu 4.7]

Neem die twee tekeninge wat jy in die vorige oefening gemaak het en herhaal hulle op enige wyse, in enige volgorde sodat jy ‘n patroon kry.

Voorbeeld 1
Voorbeeld 2:
Voorbeeld 3:

Gebruik nou pastelle of waskryte, met ander woorde kleur, om jou patroon mee te versier.

Aktiwiteit 3

Om vingerpoppe te maak (individueel) [lu 4.6]

Die vingerpoppe wat julle gedurende hierdie aktiwiteit maak, kan vir die drama-oefening gebruik word.

Stap 1:

Teken eers op ‘n stuk papier die gesig van die mens of die kop van die dier wat jy in die drama-oefening wil gebruik. Voeg nou kleur by met pastelle of waskryte. Skeur of knip die gesig of kop uit.

Stap 2:

Plak nou die gesig of kop op ‘n leë toiletrolletjie.

Stap 3

Gee nou vir die karakter hare. Gebruik wol of stukkies geskeurde papier.

Stap 4:

Jy kan ook arms en/of bene uitknip of –skeur om by te las by jou karakter.

Stap 5:

Laastens kan jy stukkies afvalmateriaal gebruik om vir die pop klere te gee. Die materiaal kan sommer op die toiletrolletjie vasgeplak word.

Assessering

LEERUITKOMS 4: UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder is in staat om te analiseer en ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.6 maskers, kunsvlytartikels, gebruiksartikels, kostuums, collages of poppe vir poppespel kan maak vir die gebruik in ‘n aanbieding;

4.7 op tegnologie en die natuur in die omgewing steun vir die stimulasie en kommunikasie van visuele idees.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask