<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 5

Regte en verantwoordelikhede

Module 13

Nasionale feesdae en volkslied van suid-afrika

1. nasionale feesdae in suid-afrika

Daar is ‘n hele aantal nasionale feesdae wat ons in suid-afrika vier. dink maar aan werkersdag(1 mei), jeugdag (16 junie) en nasionale erfenisdag (24 september).

AKTIWITEIT 1:

OM NAVORSING TE DOEN OOR 'N NASIONALE FEESDAG EN DAAROOR TE SKRYF

[LU 2.5]

(werk in pare)

Jou onderwyser skryf die name van verskillende nasionale feesdae op papiertjies en een leerder per paar trek ‘n onderwerp uit ‘n pakkie of hoed. Julle moet dan as huiswerkopdrag navorsing doen en ‘n paar paragrawe skryf oor die betrokke feesdag. Terugvoer word gegee deurdat julle jul paragrawe voorlees aan die klas. Al die geskrewe stukkies kan dan op ‘n groot plakkaat geplak word en teen die klasmuur vertoon word.

Hier is ‘n voorbeeld van so ‘n stukkie navorsing:

Die betekenis van ons nasionale erfenisdag (heritage day)

Erfenisdag was oorspronklik Shaka se dag – maar dit was nooit ‘n openbare vakansiedag nie. 24 September is egter vir baie jare as spesiale dag gevier in die Zulu-kultuur en tradisie.

Toe die nuwe regering aan bewind kom in 1994, het hulle besluit om erkenning te gee aan daardie dae wat voorheen afgeskeep is. Om al die verskillende bevolkingsgroepe in die land te betrek, is die dag nie meer Shaka-dag genoem nie, maar Erfenisdag. Sedert 1995 word op hierdie dag ‘n keerpunt in die geskiedenis van ons land erken.

Die eerste Erfenisdag, 24 September 1995, is spesiaal gebruik om een van ons land se belangrike komponiste te vereer – Enoch Sontonga. Dit is hy wat Nkosi Sikelel’ iAfrika – ons volkslied – gekomponeer het. ‘n Monument is ter nagedagtenis aan hom opgerig en sy graf is tot ‘n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

2. die nasionale volkslied van suid-afrika

AKTIWITEIT 2:

OM DIE WOORDE VAN DIE NASIONALE VOLKSLIED AAN TE LEER

[LU 2.5]

Ken jy al die woorde van ons volkslied? skryf die woorde mooi uit op ‘n stuk papier en versier dit met ‘n kleurvolle randpatroon. jy kan miskien die kleure van die landsvlag gebruik.

Beplan ‘n spesiale erfenisdagviering vir julle skool. dink byvoorbeeld wie julle as gaste sal nooi. watter liedere sal julle tydens die saalbyeenkoms sing? wie is ‘n spesiale persoon in suid-afrika wat julle op erfenisdag sal wil vereer? (julle kan ook besluit om ‘n ander feesdag te kies.)

Assessering

LU 2

S OSIALE O NTWIKKELING

Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede, asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 kinders se regte en verantwoordelikhede op ’n verskeidenheid probleemsituasies toepas;

2.2 gevalle van stereotipering, diskriminasie en partydigheid bespreek en ‘n plan voorstel om dit in die plaaslike konteks te hanteer;

2.3 die belangrikheid van maats ten tyde van tragedie en verandering bespreek;

2.4 vroue en mans se bydrae in ’n verskeidenheid kulturele kontekste bespreek;

2.5 feesdae en gebruike in ’n verskeidenheid gelowe in Suid-Afrika bespreek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10982/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask