<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Muggie deel 2

Opvoeders afdeling

Memorandum

Inleiding

Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.

Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.

Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules . Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Kommunikasie tussen Muggie en die leerders gaan voort. Muggie word gewaarsku teen ‘n gevaarlike kat wat in die buurt is en die volgende dag val hy die muise in die skool aan. Neef Poeks se stert word afgebyt en hy word hospitaal toe geneem. Oupa Muis vra vir vrywilligers om ‘n klok om die kat se nek te hang maar die muise is almal te bang. Muggie vra vir die leerders om dit te doen. Leerders bespreek en skryf oor hul noue ontkomings. Daar is ook grappies en raaisels om na te luister, te bespeek en ‘n boodskap met ‘n kode wat hulle kan ontsyfer. Tegnologie word hier geintegreer. Leerders ontwerp en maak ‘n “gesond word” -kaartjie vir Neef Poeks. Leerders leer die volgorde van die letters van die alfabet.

  • SKRIF

Die volgende hoofletters word aangeleer;

, , , , ,
, , , , ,
, , , ,
  • KLANKE EN WOORDBOU

Die korrekte skryfwyse van die volgende groepe meervoude word aangeleer soos;

rek – rekke; perd – perde; blaar – blare; soen – soene.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Verdeel in groepe.
  • Elkeen kry ‘n beurt om te vertel van ‘n noue ontkoming wat hy/sy gehad het.
  • Skryf jou storie.
  • Dink hoe jy gaan begin.
  • Gebruik jou woordeboek om moeilike woorde korrek te skryf.
  • Lees jou storie vir die klas.

My noue ontkoming

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask