<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die seekoei het al met die kuslyn suidwaarts geloop, wat ookal die rede! Dit was haar geheim. Soms het sy ‘n bietjie van die roete afgedwaal die binneland in, maar sy het altyd weer teruggekom na die kuslyn en suidwaarts beweeg.

Die nuus van die seekoei wat op reis gegaan het, het gou versprei. Selfs in Engeland en Amerika het mense van hierdie seekoei gehoor.

Die mense het eers gedink sy is manlik en het haar “Billy” genoem. Later is sy herdoop na “Hubert” en toe die mense ontdek het dat sy vroulik is, is haar naam verander na Huberta. Huberta het baie beroemd geword en koerante oor die hele wêreld het gereeld berig oor haar avonture.

Beantwoord nou die volgende vrae:

Skryf slegs die antwoorde neer:

  1. In watter provinsie is St. Luciabaai?
  2. Hoe ver het Huberta geloop?
  3. In watter jaar het haar reis begin? (3)

Voltooi die volgende sin deur die ontbrekende woorde te verskaf:

  1. Party mense sê sy was op soek na 'n _ , terwyl ander dink dat sy baie _ was. (2)

Kies die regte antwoord tussen hakies en onderstreep dit:

  1. Die seekoei het (suidwaarts; ooswaarts; noordwaarts) geloop.
  2. Selfs in (Japan; Engeland; Australië) het mense van haar gehoor. (2)

Die volgende stelling is onwaar. Skryf dit oor sodat dit waar sal wees.

(g) Die mense het gedink sy is vroulik en het haar Bella genoem. (2)

(h) Voorsien die leesstuk van ‘n opskrif. (1)

Totaal: (10)

[LU 3.6.1]

ontdekkingsreise – explorations

ontdekkingsreisiger - explorer

5. Ons sou kon sê dat Huberta ‘n ontdekkingsreisiger was wat ‘n ontdekkingsreis onderneem het.

Ken jy enige beroemde ontdekkingsreisigers? Kom ons toets jou kennis. Verbind die ontdekkingsreisiger met sy ontdekking. Julle mag saamwerk in julle groepe.

1. Bartolomeüs Diaz Ontdek Amerika.
2. Vasco da Gama Ontdek Nieu-Seeland.
3. Christopher Columbus Bereik die toppunt van Everest.
4. James Cook Eerste man op die maan.
5. David Livingstone Vaar om die suidpunt van Afrika.
6. Edmund Hillary Eerste persoon om oor breedte van Afrika te reis.
7. Neil Armstrong Ontdek seeroete na Indië.

[[ [LU 5.1.2]

  1. Mondeling

Kyk mooi na die volgende strokiesprente. Die prente is almal voorstellings van insidente wat plaasgevind het terwyl Huberta op haar ontdekkingsreis was.

Kies een van die reekse strokiesprente en kom vertel wat jy dink daar gebeur het.

a) b) c)

d) e) f)

a) b)

c) d)

Julle opvoeder gaan nou vir julle voorlees wat regtig in die strokiesprente gebeur het. Kies nou die leerders wie se weergawes die naaste aan die waarheid was. Hulle verdien ‘n sjokolade!

  1. Kom ons skryf:

Huberta se ontdekkingsreis het op ‘n einde gekom toe sy dood is. Maar hoe is sy dood?

Skryf ‘n paragraaf oor hoe jy dink Huberta dood is.

Assessering

LU 2

PRAAT

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:

2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;

2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:

2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;

2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask