<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 9

My loopbaan vorentoe

Module 13

Geleenthede in die werkplek

Reflekteer Krities en Lewer Verslag oor Geleenthede in die Werkplek

AKTIWITEIT:

[LU 5.3]

  • Werk in groepies van 3 of 4. Blaai deur ‘n paar tydskrifte en knip prentjies uit van mans en vrouens met wie jy sekere beroepe kan assosieer. Plak hierdie prentjies op A4-papier en wys aan die res van die klas. Hulle moet raai watter beroepe hierdie prentjies voorstel.
  • Kies nou van hierdie beroepe waarin ‘n hele paar van julle geïnteresseerd is, en selekteer watter groep gaan watter beroep ‘n bietjie verder ondersoek. Elke groep gaan nou met ‘n persoon gesels wat die beroep beoefen waaroor ons moet ondersoek instel.
  • Nadat die vraelys voltooi is, gee die groepe terugvoer aan mekaar, sodat ons almal meer kan leer van die geleenthede wat daar vir spesifieke beroepe in die werkplek bestaan.
  • Gebruik die volgende vraelys vir julle onderhoud.

Onderhoudvraelys

Naam

Tipe werk

Wat doen u in u werk?

Wat is die ure wat u werk?

Waarom het u hierdie werk gekies?

Waar van hou u in u werk?

.

Waarvan hou u nie in u werk nie?

Watter eienskappe moet ‘n persoon hê wat die werk wil doen?

Is daar nog genoeg geleentheid vir werk in hierdie beroep?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 5
Oriëntering Ten Opsigte Van Die Wêreld Van WerkDie leerder sal in staat wees om ingeligte keuses oor verdere studie- en loopbaankeuses te maak.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
5.1 die voorsieners van fondse vir studie en beroepe navors;
5.2 eie beroeps- en studiekeuses motiveer;
5.3 krities reflekteer en verslag lewer oor geleenthede in die werkplek;
5.4 regte en verantwoordelikhede in die werkplek bespreek;
5.5 ‘n plan vir eie lewenslange leer saamstel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask