<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

  • Integrasie van Temas: Herfs.
  • ‘n Gesonde Omgewing: Tekens van Herfs.
  • Die module begin met ‘n grafiek van die verjaarsdae van hulle vriende.
  • Getalbegrip en telaktiwiteite word uitgebrei tot 120, met klem op telpatrone.
  • Halvering en verdubbeling in die getalgebied 1 tot 50.
  • Inkopie-aktiwiteite sluit in woordsomme, rigtingaanwysings na winkels en die selektering van die korrekte muntstukke.
  • Leerders voltooi ‘n inkopie-grafiek.
  • Samestellings van 10, 11, 12, 13, 14 en 15 word bekend gestel en met ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite vasgelê.
  • Meetaktiwiteite versterk die woordeskat van ‘n “klein massa” en ‘n “groot massa”, gram en kilogram.
  • ‘n Resep vir muffins word ingesluit en die leerders kry praktiese ervaring van meting (Tegnologie).
  • Deur gebruik te maak van patrone op hutte, ontwerp die leerders hulle eie patrone om sodoende hulle sensitiwiteit vir ander kulture te bevorder.
  • ‘n Geheue-speletjie is ingesluit om leerders te help om getalsinne te bemeester.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: verjaarsdae [lu 1.1, lu 1.2, lu 1.4, lu 1.7, lu 1.8, lu 4.2, lu 4.3, lu 5.1, lu 5.4, lu 5.5]

Verjaardagvieringe

  • Verbind die maande van die jaar met ‘n stippellyn, van die eerste tot die twaalfde.
  • Vul nou die naam van elkeen van my vriende in onder die maand waarin hy/sy gebore is.
LU 4.2 LU 5.1 LU 5.4
  • Kies 10 vriende.
  • Skryf hul name hier:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

  • Vind uit wanneer elkeen van jou tien vriende verjaar.
  • Skryf die maand (of die letter waarmee die maand begin, bv. A vir April) langs elke naam neer.
  • Vul hul name in op “My Verjaarsdaggrafiek” onder die regte maand.
LU 5.1 LU 5.4
  • Vul die ontbrekende woorde in

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask