<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 7

Regte en verantwoordelikhede

Module 9

Mondelinge tradisies en geskrifte van verskillende wêreldgelowe

Hier volg ‘n lys van geskrifte, heilige boeke of metodes van oorvertelling wat verbind word aan sekere godsdienste of gelowe:

Geloof Boek/geskrifte en mondelinge oorvertellings Addisionele inligting
Christen-Katolieke Kerke Bybel – Ou en Nuwe Testament Heilige geskrifte wat deur die Christelike Kerk verdeel is in twee testamente: Ou Testament (Hebreeus) Nuwe Testament (Grieks). Daar bestaan verskeie weergawes, in sowel antieke as moderne tale.
Christen-Prostestante Kerke Bybel – Ou en Nuwe Testament Soos hierbo
Afrika-Onafhanklike Kerke:Sioniste, Apostoliese of Pinksterkerke Volg sterk die Ou Testament-leerstellinge, asook die Nuwe Testamentiese leer Die meerderheid lede is gewone burgers, dikwels ongeletterd. Aanspraak op vrye leiding van die Heilige Gees.
Joodse geloof (Judaïsme) Torah (Hebreeus) Dit bevat die Mosaïese Wette soos bevat word in die Pentateug, en is die wette wat die Joodse lewe reguleer. Die Torah is ‘n handgeskrewe perkamentrol. Die volgende boeke verskyn daarop: Genesis, Exodus, Levitikus en Deuteronomium. Dit word in die ‘Ark’ in die sinagoge bewaar en gebruik tydens publieke voorlesings.
Islam Qu’ran of Koran (Arabies) Dit is die heilige boek van Islam. Die Moslems glo dat die ware woord van God is soos dit gedikteer is aan Mohammed deur die engel Gabriel (Jibra’il)
Hindoeïsme Bhagvad Gita, Vedas,Ramayana, Theravam, Thirukkural ‘n Heilige Sanskrit-teks wat rondom die jaar 200 voor Christus saamgestel is. Direk vertaal beteken dit “Lied van die Geseënde Een”
Afrika Tradisionele Gelowe Mondelinge tradisies, veral skeppingsmites en rituele Skeppingsverhale, rituele, helige plekke, ‘n sterk morele kode wat verbaal oorgedra word, en respek vir die lewe, dien as verwysings vir die gelowe.
*

Aktiwiteit 1:

Om teksgedeeltes uit ‘n verskeidenheid heilige geskrifte te kry [LU 2.5]

Leerders moet aangemoedig word om tekste of aanhalings uit soveel moontlik van die bogenoemde geskrifte te kry. Dit kan op stukkies karton geskryf word en aan die klas voorgehou word. Dit is baie belangrik dat al hierdie aanhalings met respek hanteer word.

Hier is ‘n voorbeeld van twee sulke aanhalings:

“Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van almal arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kan word”. (2 Korinthiërs 8 vers 9 – Die Bybel)

“Allah is Goedertieren teenoor Sy dienaars; Hy gee lewensmiddele aan wie Hy wil; en Hy is die Sterke, die Almagtige.” (Surah 42 Aayat 19, d.i. Hoofstuk 42 vers 19).

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
S OSIALE O NTWIKKELINGDie leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede,asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 die toepassing van menseregte soos beskryf in die Suid-Afrikaanse grondwet bespreek;
2.2 verduidelik hoe om geslagstereotipering en seksisme teen te werk;
2.3 die belangrikheid van vrywilliger-organisasies bespreek;
2.4 verduidelik hoe die erkenning van diverse kulture die Suid-Afrikaanse samelewing kan verryk;
2.5 die rol van die mondelinge tradisie en van geskrifte in ’n verskeidenheid wêreldgelowe verduidelik.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask