<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 6

Regte en verantwoordelikhede

Module 9

Menswaardigheid in verskeie gelowe in suid-afrika

Menswaardigheid en respek vir mekaar is so belangrik dat dit in ons land se handves neergeskryf is: “ menswaardigheid, die bereiking van gelykheid en die bevordering van menseregte en vryheid ”.

Ons het ‘n handves wat kulturele en geloofsverskille (diversiteit) erken. Die fondament waarop alle godsdienste gebou is, is die intensie om goed te doen. Hierdie baie belangrike waarde help alle mense om so te lewe dat hulle mekaar kan help en respekteer.

Soos julle reeds in grade 4 en 5 geleer het, het Suid-Afrika ‘n ryk verskeidenheid van verskillende gelowe en godsdienste. Ons kom dikwels mense teë wat ander klere dra as die normale kleredrag, byvoorbeeld ‘n non in haar wit en swart nonnekleed, of ‘n Joodse seun wat ‘n klein hoedjie ( kippa of yarmulka ) op sy kop het of miskien ‘n Moslem-meisie met ‘n sjaal ( hijab ) wat haar hare bedek. Dit is belangrik vir ander om so ‘n persoon te respekteer, maar ook om te weet waarom so ‘n persoon hierdie spesiale klere dra en wat hulle daarmee sê. ‘n Mens behoort glad nie vir so ‘n persoon te lag of hom/haar te terg nie. Jy tas daardeur sy menswaardigheid aan, maar wys ook terselfdertyd jou eie onkunde.

Aktiwiteit 1:

Om aktiwiteite oor verskillende geloofsgroepe uit te voer

[lu 2.5]

Klasopdrag

Stap een:

  1. Alle leerders word aangemoedig om foto’s of prente klas toe te bring waarop ‘n sekere godsdiens of geloof deur kleredrag uitgebeeld word.

b) Sorteer met behulp van die opvoeder en kundige maats die prente in verskillende geloofsgroepe.

c) Leerders wat kundig is oor ‘n spesifieke geloof, moet veral aangemoedig word om hulle kennis met die klas te deel.

d) Maak ‘n collage op ‘n groot plakkaat wat julle dan teen die bord vassit.

e) Onthou om die opskrifte van die verskillende gelowe by die toepaslike prente te skryf.

Stap twee:

  • Maak ‘n kolom langsaan op die swartbord en beskryf kortliks die kleredrag van elke geloofsgroep wat julle geïdentifiseer het.

Aktiwiteit 2:

Om ‘n brief te skryf oor respek vir ander se gelowe

[lu 2.5]

Individueel

Jy het gesien ‘n maat lag vir ‘n non wat oor die pad loop. Skryf ‘n kort briefie op jou e-pos om vir jou maat te verduidelik waarom die non so aantrek en wat daar in ons grondwet staan om te sorg dat almal se godsdiens of geloof gerespekteer moet word.

Wenk:

Bring gerus ‘n plakkaat met die land se Handves van Menseregte op die klasmuur aan.

Aktiwiteit 3:

Om ander persone se beskouings te respekteer

[lu 2.5]

Individueel

Lees die onderstaande sinne deur en dink waarom jy dinge wat jou maats se ouers hulle nie toelaat nie, moet respekteer.

a) Mose Levin mag nie hamtoebroodjies eet nie.

b) Sannie Bantjies mag nie op Sondae hokkie speel nie.

c) Shareen Shariek mag nie bedags eet in die maand van Ramadaan nie,

d) Jan Swanepoel moet elke Sondag Sondagskool toe gaan voordat hy mag gaan speel.

Stap een:

Aan watter geloof behoort die kinders hierbo genoem?

a)

b)

c)

d)

Stap twee:

  • Hoe moet ek verduidelik dat hierdie persone gerespekteer moet word as een van my maats hulle terg?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
S OSIALE O NTWIKKELING Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede,asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 nadink oor eie toepassing van kinderregte soos uiteengesit in die Suid-Afrikaanse grondwet;
2.2 die belangrikheid van ’n nasiebouprogram wat met ’n nasionale dag gepaardgaan, bespreek en evalueer;
2.3 die uitwerking van geslagstereotipering, seksisme en mishandeling op persoonlike en sosiale verhoudings bespreek;
2.4 die betekenis en persoonlike en sosiale belangrikheid van belangrike stadiums in die individu se lewe in ’n verskeidenheid kulture vertolk;
2.5 menswaardigheid in ’n verskeidenheid gelowe in Suid-Afrika bespreek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11001/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask