<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 3

Kom speel saam

Module 3

Die park

Maak ‘n skets van hoe jy dink die park gaan lyk.

  • Teken plante en bome ook by.
  • Dui die ingang aan.
  • Onthou, die parkie moet ook vir gestremde leerders toeganklik wees.
  • Julle het nou mooi gedink en beplan hoe die park moet lyk. Besluit nou saam met die klas wat julle alles gaan nodig hê.
  • Is daar enige iets in die lys wat jy nie in die park sal wil hê nie?

Skryf dit neer.

Skryf ‘n briefie aan mnr. Sakke-vol-geld om vir hom dankie te sê vir die mooi gedagte. Sê vir hom hoe opgewonde julle is en wat julle alles graag in die park wil hê.

Modelwerk:

  • Gesels met jou maats oor wie vir watter apparaat verantwoordelik gaan wees. Maak jou klei eers lekker sag en bou dan almal saam aan julle model.
  • Skryf jou maat se naam langs die apparaat wat hy gaan maak, neer.

  • Nooi mnr. Sakke-vol-geld om julle uitstalling van die modelle te kom bywoon. Hy is seker baie nuuskierig om te sien wat julle beplan om te doen.
  • Teken hoe julle model lyk.
  • Vra vir Mamma of Pappa om jou te help uitvind by watter besigheid of winkel julle die verskillende produkte sal kan gaan koop.

  • Kom vertel vir die klas by watter plekke jy dink julle die beste produkte kan gaan koop.
  • Teken ‘n winkel. Gee vir jou winkel ‘n naam.

My gunsteling speletjie

  • Wat is jou gunsteling speletjie?
  • Wat het jy nodig om dit te kan speel? (apparaat)
  • Waar sal dit die beste wees om te speel, bv. op die gras of op ‘n teerblad?
  • Skryf die reëls neer en verduidelik aan jou groep hoe om die speletjie te speel.
  • Is dit ‘n goeie speletjie om in die park te speel?

(Laat jou groep besluit)

  • Watter van die volgende speletjies ken jy?
  1. Aan-aan
  2. “Ring-‘n-Rosie”
  3. Blindemol
  4. Vroteier

5. Koning Koning mag ek reis?

  • Vra vir Mamma of vir Juffrou om die speletjies vir jou te verduidelik as jy dit nie ken nie.
  • Probeer om van die speletjies tydens julle Liggaamlike Opvoedingsklasse of gedurende ‘n pouse te speel.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LEWENSORIËNTERING
LU 2
SOSIALE ONTWIKKELING :Die leerder kan begrip van en ‘n verbintenis tot konstitusionele regte en verantwoordelikhede toon, asook sensitiwiteit vir verskillende kulture en godsdienste.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 kinders se regte en verantwoordelikhede kan bespreek en deelneem aan ‘n klasstemming.2.4 identifiseer waardes en morele oortuigings uit ’n verskeidenheid Suid-Afrikaanse kulture.
LU 4
FISIESE ONTWIKKELING EN BEWEGING :Die leerder kan begrip toon vir en deelneem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 individueel en saam met ‘n maat deelneem aan verskeie inheemse buitelugspeletjies met eenvoudige reëls;4.2 aan aktiwiteite deelneem om kontrole, koördinasie en balans in basiese lokomotoriese, oplig- en draaivaardighede te ontwikkel met apparaat;4.3 ekspressiewe bewegings of patrone ritmies uitvoer deur verskeie stimuli te gebruik;4.4 aan gestruktureerde aktiwiteite deelneem deur van apparaat gebruik te maak.
SOSIALE WETENSKAPLU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder kan ondersoekvaardighede gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en prosesse te ondersoek
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 belangrike kenmerke van plekke in die plaaslike konteks kan identifiseer en beskryf (beantwoord die vraag).
GESKIEDENIS LU 1
HISTORIESE INTERPRETASIE Die leerder kan aspekte van geskiedenis interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.3 kies en praat oor ‘n onderwerp wat die verlede verteenwoordig, bv. Speletjies uit vroeër tyd.
TEGNOLOGIELU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder kan tegnologiese prosesse en vaardighede eties en met verantwoordelikheid toepas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.3 ( Ontwerp ) – gepaste materiaal of stowwe om produkte te maak kan kies en maniere voorstel hoe dit gebruik kan word om ‘n probleem, behoefte of geleentheid te bevredig.
KUNS EN KULTUURLU 1
SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDINGDie leerder kan werk skep, dit interpreteer en aanbied in elk van die verskillende kunsvorms – Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ( Dans ) – die agt lokomotoriese bewegings (stap, hardloop, touspring, hop, oorspring, spring, galop, gly) kan demonstreer terwyl daar vorentoe, sywaarts, agteruit, diagonaal en draaiend beweeg word.1.10 ( Oorkoepelend ) – reageer op stories, speletjies, prente, gedigte enkulturele ervarings uit die onmiddellikeomgewing as stimuli vir voorstelling in enigekunsvorm.
LU 3
DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder kan persoonlike en interpersoonlike vaardighede deur individuele en groepdeelname in Kuns en Kultuuraktiwiteite demonstreer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.5 vrymoedig betrokkenheid tydens die beplanning van gesamentlike kunswerke toon.
EBWLU 1
EKONOMIESE KRINGLOOPDie leerder kan kennis en begrip van die ekonomiese siklus in die oplossing van die ekonomiese probleem toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 die rol van huishoudings as belangrike deelnemers aan die vervaardiging en verbruik van goedere en dienste kan verduidelik;1.2 kan verduidelik dat behoeftes en begeertes onbeperk en veranderlik kan wees en deur maats, die media en die ontwikkeling van nuwe produkte en dienste deur sakeondernemings beïnvloed word.
NATUURWETENSKAPLU 1
WETENSKAPLIKE ONDERSOEKDie leerder reageer met selfvertroue en weetgierigheid oor natuurlike verskynsels, en ondersoek verhoudings en los probleme op binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ( Beplan ) – materiale gebruik wat deur die groep uitgesoek is om die groep se plan te kommunikeer, bv.
  • materiaal wat die groep wil gebruik, gereed kry;
  • sê wie dit gaan gebruik en vir watter doel;
  • ( Doen ) – Neem onafhanklik of in ’n groep deel aan beplande aktiwiteit.
1. 2.2 verduidelik wat gedoen word en beantwoord die vraag “Wat probeer jy uitvind?”.1.3 ( Hersien ) – Wys en verduidelik wat beplan is en hoe dit gedoen is.

Memorandum

  • Sê aan die leerders dat ons moet seker maak dat ons aan al die speletjies dink wat kinders graag speel. Ons moet dink aan buitelugspeletjies, want mnr. Sak-vol-geld wil ‘n park aanlê.
  • Laat leerders die bladsy oor hulle eie gunstelingspeletjie voltooi. Dit kan enige speletjie wees, van aan-aan tot skaatsbordry.
  • As dit ‘n speletjie met reëls is, moet hulle kan verduidelik hoe dit gespeel word.
  • Waar van toepassing, moet hulle die veiligheidsmaatreëls kan verduidelik.
  • In liggaamsoefeninglesse kan die leerders probeer om party van die speletjies te speel volgens die reëls wat verskaf word.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 2. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11104/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask