<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Woorde word aan leerders bekend gestel.
  • Moedig leerders aan om te kyk of hulle self d.m.v. prenteleidrade en klankwerk self van die woorde kan herken.
  • Laat die leerders voorspel waaroor die verhaal handel.
  • Gesels oor die verhaal:
  • Laat die leerders ‘n geskikte titel kies vir die verhaal.
  • Laat leerders gesels of dit fiksie (net ‘n storie) of nie-fiksie (werklike insident) is.
  • Leer die woorde aan as sigwoorde (flits gereeld).

Maak jou eie papierboot.

  • Oefen eers self hoe om die boot te vou.
  • Leerders sal spontaan vrae vra as hulle nie verstaan nie.
  • Dit kan raadsaam wees om die taak in kleiner groepe te doen.

Nog pret:

  • Laat leerders bababadjies skool toe bring vir die resies.
  • Doen hierdie aktiwiteit buite.

Lees die woorde:

  • Leerders oefen sigwoorde deur dit gereeld te lees. Maak ‘n stel flitskaarte vir die doel. Oefening is baie noodsaaklik sodat leerders die woorde herken sonder om te klank. In Module 2 het hulle reeds 49 sigwoorde wat hulle teen dié tyd baie goed moet herken.

Teen hierdie stadium is alle enkelklanke behalwe y, q en x aangeleer.

  • Laat die leerders alfabeties in ‘n ry staan volgens hulle noemname en dan volgens vanne.
  • Bespreek die doel van alfabetiese volgorde.

Laat leerders self “Ek koekeloer” speel, bv. Ek koekeloer iets wat met ‘n r begin. Seuns dra dit nie, ens.

  • Kyk of leerders nog prentwoorde kan ontwerp.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Praat oor al die nodige vertrekke en alles wat daarin moet wees.
  • Teken jou droomduikboot en versier dit.
  • Gee dit ‘n naam.
  • Vergelyk jou boot met dié van ‘n maat.
LU 1.5 LU 2.8 LU 5.4.2
  • Kom ons gesels eers oor die storie.Daar was . . .

  • Skryf die woorde in jou woordeboek.
  • Leer die woorde sodat jy dit dadelik herken.
LU 1.1.4 LU 2.2 LU 2.5 LU 4.2
  • Luister na die storie.
  • Lees dit saam met Juffrou en jou maats.
  • Kyk of jy dit dan self kan lees.
  • Skryf die titel wat julle gekies het neer:

..........................................................................................................................................

Op 15 April 1912 het ‘n vreeslike ding gebeur!

Mense het gesê dit sou nooit gebeur nie.

Die Titanic het ‘n ysberg getref.

Die ysberg het ses en twintig meter bokant die water uitgestaan. Dit was ‘n baie mistige aand.

Die Titanic het teen twee-en-twintig knope gevaar. Dit is nogal vinnig.

In net tien sekondes was daar ‘n gat van honderd meter in die boot se romp.

Die boot, wat kamtig nooit kon sink nie, het om 2:20 gesink.

  • Kan jy onthou?
  • Gesels hieroor.
  • Skryf die antwoorde neer.

1. Wat was die naam van die boot wat nooit kon sink

nie?

..........................................................................................................................................

2. Hoe laat het die boot gesink?

..........................................................................................................................................

3. Hoe vinnig het die boot gevaar?

..........................................................................................................................................

4. Hoe hoog was die ysberg?

..........................................................................................................................................

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11112/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask