<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 7

Module 7

Tyl uilspieël

1. Tussen die jare 1300 en 1350 was daar min mense in Duitsland wat nie op een of ander manier kennis gemaak het met Tyl Uilspieël nie. Hierdie grapjas het sy lewe daaraan gewy om ander mense vir die gek te hou, gewoonlik die mense wat hulle naastes sleg behandel het. Die karnallie het oor alles en almal gelag en word beskryf as die "vader van poetsbakkers."

Reeds in die jare 1515 tot 1519 het die eerste boek waarin sy avonture in storievorm oorvertel word, in Duitsland verskyn. Hierdie verhale is in ander tale vertaal en vandag nog bly Uilspieël een van die gewildste karakters wanneer dit by stories kom. Hy is 'n onsterflike karakter en vandag lag mense wêreldwyd nog steeds vir alles wat hy aangevang het.

Om iemand 'n poets te bak: “to play someone a trick”.

Hier volg een van Uilspieël se talle verhale.

Luister mooi terwyl julle opvoeder dit voorlees.

Uilspieël neem die dorp op horings

Uilspieël en sy ma het in 'n huis langs 'n rivier gewoon. Op 'n dag het hy besluit dat hy 'n koorddanser wil word. Hy het vir hom 'n koord gespan in die solder van die huis en geoefen wanneer sy ma nie by die huis was nie. Hy het geweet sy sou dit glad nie toelaat nie. Sy het hom wel eendag betrap terwyl hy besig was om oor die koord te loop en het hom verbied om dit ooit weer te doen.

Uilspieël het die koord gebêre, maar dit was nie lank voordat hy weer probeer het nie!

Hierdie slag het hy vir hom 'n koord van hul huis se solder af gespan, dwarsoor die rivier, tot by 'n huis aan die oorkant. Hy het sommer 'n wasgoeddraad gebruik! Hy het skaars begin loop of 'n paar mense sien hom daar bo in die lug. Later was die hele dorp se mense daar en het hom toegejuig terwyl hy allerhande toertjies uitgehaal het.

Die toejuiging en uitroepe het sy ma se ore bereik en sy het buitentoe gegaan om te kyk wat aangaan. Sy was woedend toe sy haar seun daar bo in die lug sien. Sy het die trap na die solder toe brom-brom geklim, 'n mes in die hand en toe sy bo kom, het sy die wasgoeddraad morsaf gesny. Uilspieël het onder groot gelag in die rivier getuimel. Die dorpsmense het hom almal gespot en uitgelag. Dit het Uilspieël baie ongelukkig gemaak en hy het by homself gedink dat hy hulle nog gaan terugkry.

'n Paar dae later het hy weer die wasgoeddraad gespan, maar hierdie keer oor 'n besige straat. Baie gou het die mense weer begin saamdrom, maar hulle het hom weer begin spot. Na 'n rukkie het Uilspieël gevra dat hulle almal hulle linkerskoene moes uittrek en vir hom gee.

Uilspieël het al die skoene aan 'n tou ingeryg. Daar was omtrent eenhonderd en twintig skoene aan die tou. Uilspieël het met die tou skoene tot in die middel van die wasgoeddraad geloop.

Almal het in spanning gewag om die toertjie te sien en hulle reggemaak om lekker te lag.

Nou was dit egter Uilspieël se beurt om te lag. Een vir een het hy die skoene bekyk en oor elke skoen iets te sê gehad. “Aan wie sou hierdie ou skeefgetrapte stewel behoort?” Is dit dalk Meester s’n? Wat moet die skoolkinders van hom dink?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask