<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 5

Grafiese kommunikasie

Module 7

Toepassing van kennis en vaardighede

Gevallestudie:

Die lang somervakansie lê voor en julle gesin gaan met Jan Tuisbly se karretjie ry. Julle is moeg vir al die ou bordspeletjies en aangesien jy jou sakgeld wil spaar om vir jou ‘n nuwe fiets te koop, stel jou ma voor dat julle jul eie bordspeletjies moet ontwerp en maak.

Navorsing

OPDRAG 1:

[lu 1.1]

Wat is die behoefte?

OPDRAG 2:

[LU 1.4]

Skryf nou ‘n duidelike en kort ontwerpvoorstel neer vir die maak van jou artikel. Kopieer en voltooi die onderstaande sin:

Ek gaan ‘n ( wat ) _ vir ( wie ) _ ontwerp en maak om by die ( waar ) _ te gebruik, sodat ons ( funksie daarvan ) _ tydens die ( wanneer ) _ .

OPDRAG 3:

[LU 1.12]

Om die nodige vereistes vir jou bordspeletjies te kan bepaal, is dit nodig dat jy eers deeglike navorsing moet doen.

Opdrag aan die Onderwyser:

1. Maak ‘n lys van al die bekende bordspeletjies met behulp van ‘n dinkskrum in die klas. (Slangetjies en leertjies, Krabbel, Pictionary, Monopoly, ens.)

2. Laat leerders byvoorbeeld twee-twee ‘n spesifieke bordspeletjie gaan navors en mondelings terugvoering gee.

3. Leerders kan dan die verskillende idees kombineer in die ontwerp en maak van hul eie speletjie.

Beantwoord die volgende vrae na aanleiding van die speletjie wat jy moes gaan navors.

  1. Wat is die speletjie se naam?
  2. Hoe groot is die bord waarop die speletjie gespeel word? (korrekte afmetings)
  3. Watter materiale sal jy alles nodig hê om so ‘n bord te kan maak?
  4. Watter gereedskap sal jy nodig hê om die speletjie te kan maak?
  5. Hoe is die inligting op die bord aangebring om dit kreatief en oorspronklik te laat lyk?
  6. Waar is die reëls van die speletjie aangebring?
  7. Hoeveel spelers kan die speletjie speel?
  8. Watter toerusting behalwe die bord het jy nodig om die speletjie te kan speel?
  9. Wat is die doel van die spel?
  10. Watter voorbereiding moet jy tref voordat jy kan begin speel?
  11. Hoe word die spel gespeel? (Verduidelik, skryf ten minste vyf reëls neer)
  12. Hoe word die speletjie aangebied/verpak?
  13. Vir watter ouderdom speler is die speletjie geskik?

OPDRAG 4:

[lu 1.3]

Maak aantekeninge van idees wat jy dalk wil gebruik en uitbrei in jou klaswerkboek as jou maats hul aanbiedings van die speletjies wat hul moes gaan navors het, doen.

Assessering

LU 1

Tegnologiese Prosesse en Vaardighede

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur toepaslike inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

Ondersoek :

1.1 uitvind oor die agtergrondkonteks (bv. mense, omgewing, aard van behoefte) wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid gegee word en die voordele en nadele wat ‘n tegnologiese oplossing vir mense sou kon inhou, noem;

1.2 uitvind oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en sommige ontwerpsaspekte (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk, waarvan dit gemaak is) identifiseer;

1.3 waar gepas ‘n wetenskaplike ondersoek uitvoer oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik:1.3.1 beplan die ondersoek;

  • voer die ondersoek uit;

1.3.3 verwerk en interpreteer data;

1.3.4 evalueer en kommunikeer bevindinge;

Ontwerp

1.4 met bystand ‘n kort en duidelike stelling skryf of kommunikeer (ontwerpopdrag) met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid en ‘n mate van begrip vir die tegnologiese doel van die oplossing toon;

1.5 minstens twee alternatiewe oplossings vir die probleem, behoefte of geleentheid voorstel wat met die ontwerpopdrag en met gegewe spesifikasies en beperkings (bv. mense, doel, omgewing) skakel, en dit aanteken;

1.6 een van hierdie oplossings kies, redes gee vir die keuse en die idee verder ontwikkel;

Maak

1.7 die stappe beskryf in ‘n plan om iets te maak, insluitend tekeninge of sketse van hoofdele;

1.8 gepaste gereedskap en materiaal gebruik om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;

1.9 netjies en veilig werk met die minimum vermorsing van materiaal;

Evalueer

1.10 met bystand die produk evalueer volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en besperkings (bv. mense, doel, omgewing), en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

1.11 die aksieplan wat gevolg is, evalueer en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

Kommunikeer

  • tweedimensionele sketse maak met byskrifte en, indien gepas, kleur gebruik om dit doeltreffender te maak.

Memorandum

Opdrag 1 – 6C

Evalueer of leerder met selfvertroue en begrip te werk gaan, neem fisies waar hoe leerders te werk gaan.

Opdrag 7A

Die plakkate van groepe sal verskil.

Opdrag 7B

Alle antwoorde behoort Ja te wees (dis die ideaal), maar indien die antwoord Nee is, kan die motiverings interessant wees.

Opdrag 7C

Die verwagte antwoord is dat almal ewe veel gedoen het, want die groeplede moes leer om saam te werk.

Opdrag 7D

Met behulp van hierdie matriks kan die plakkate geassesseer word. Antwoorde sal dus verskil.

Questions & Answers

how does Neisseria cause meningitis
Nyibol Reply
what is microbiologist
Muhammad Reply
what is errata
Muhammad
is the branch of biology that deals with the study of microorganisms.
Ntefuni Reply
What is microbiology
Mercy Reply
studies of microbes
Louisiaste
when we takee the specimen which lumbar,spin,
Ziyad Reply
How bacteria create energy to survive?
Muhamad Reply
Bacteria doesn't produce energy they are dependent upon their substrate in case of lack of nutrients they are able to make spores which helps them to sustain in harsh environments
_Adnan
But not all bacteria make spores, l mean Eukaryotic cells have Mitochondria which acts as powerhouse for them, since bacteria don't have it, what is the substitution for it?
Muhamad
they make spores
Louisiaste
what is sporadic nd endemic, epidemic
Aminu Reply
the significance of food webs for disease transmission
Abreham
food webs brings about an infection as an individual depends on number of diseased foods or carriers dully.
Mark
explain assimilatory nitrate reduction
Esinniobiwa Reply
Assimilatory nitrate reduction is a process that occurs in some microorganisms, such as bacteria and archaea, in which nitrate (NO3-) is reduced to nitrite (NO2-), and then further reduced to ammonia (NH3).
Elkana
This process is called assimilatory nitrate reduction because the nitrogen that is produced is incorporated in the cells of microorganisms where it can be used in the synthesis of amino acids and other nitrogen products
Elkana
Examples of thermophilic organisms
Shu Reply
Give Examples of thermophilic organisms
Shu
advantages of normal Flora to the host
Micheal Reply
Prevent foreign microbes to the host
Abubakar
they provide healthier benefits to their hosts
ayesha
They are friends to host only when Host immune system is strong and become enemies when the host immune system is weakened . very bad relationship!
Mark
what is cell
faisal Reply
cell is the smallest unit of life
Fauziya
cell is the smallest unit of life
Akanni
ok
Innocent
cell is the structural and functional unit of life
Hasan
is the fundamental units of Life
Musa
what are emergency diseases
Micheal Reply
There are nothing like emergency disease but there are some common medical emergency which can occur simultaneously like Bleeding,heart attack,Breathing difficulties,severe pain heart stock.Hope you will get my point .Have a nice day ❣️
_Adnan
define infection ,prevention and control
Innocent
I think infection prevention and control is the avoidance of all things we do that gives out break of infections and promotion of health practices that promote life
Lubega
Heyy Lubega hussein where are u from?
_Adnan
en français
Adama
which site have a normal flora
ESTHER Reply
Many sites of the body have it Skin Nasal cavity Oral cavity Gastro intestinal tract
Safaa
skin
Asiina
skin,Oral,Nasal,GIt
Sadik
How can Commensal can Bacteria change into pathogen?
Sadik
How can Commensal Bacteria change into pathogen?
Sadik
all
Tesfaye
by fussion
Asiina
what are the advantages of normal Flora to the host
Micheal
what are the ways of control and prevention of nosocomial infection in the hospital
Micheal
what is inflammation
Shelly Reply
part of a tissue or an organ being wounded or bruised.
Wilfred
what term is used to name and classify microorganisms?
Micheal Reply
Binomial nomenclature
adeolu
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10978/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask