<< Chapter < Page Chapter >> Page >

7. Dink jy Flippie sal hom kry? Gee 'n rede vir jou antwoord.

..........................................................................................................................................

LU 3.2.1 LU 4.6.1 LU 4.6.2 LU 4.6.4
LU 4.1
  • Lees verder. Probeer om vlot te lees, met gevoel.

Vanoggend het Flippie en sy beste maat vroeg opgestaan.

Hulle wou weer die papegaai gaan soek.

Danie het vir Flippie by die huis gaan haal. Die son het net opgekom. Toe is die twee op hulle fietse weg.

"Ek wonder of die papegaai nog lewe," sê Danie.

"Hy is slim. Ek dink hy sal lank hier buite kan oorleef," sê Flippie.

"Ja, ek weet hy is slim, maar waar sal hy kos kry? Wat sal hy eet? In die dieretuin het die opsigter vir hom kos gebring. Hy het nie nodig gehad om te soek vir kos nie," sê Danie.

"Ag," sê Flippie, "hier is baie vrugtebome hier naby. Die papegaai hou baie van vrugte. Hy moet net nie oor die rivier vlieg nie. Daar is net groen koringlande. Daar sal nie genoeg kos vir hom wees nie."

"Die boere sal nie daarvan hou as hulle agterkom die papegaai pik aan die vrugte nie. Hulle sal hom sowaar skiet," sê Danie benoud.

"Kom, Danie, ons moet vinniger ry. Hy is al vier dae weg. Ons moet hom vandag kry", sê Flippie. Hy trap vinnig op sy fiets met Danie kort op sy hakke.

LU 3.3.1 LU 3.3.2 LU 5.1
  • Help hulle om die papegaai se deurmekaar taal te verstaan.
  • Hier is die kode:-
a = 1b = 2c = 3d = 4e = 5 f = 6g = 7h = 8i = 9j = 10 k = 11l = 12m = 13n = 14o = 15 p = 16q = 17r = 18s = 19t = 20 u = 21v = 22w = 23x = 24y = 25z = 26
  • Dit is wat hulle gehoor het.
11, 15, 13 8, 1, 1, 12 13, 25 5, 11 19, 11, 21, 9, 12
9, 14 4, 9, 5 7, 18, 15, 20 14, 1, 2, 25
4, 9, 5 18, 9, 22, 9, 5, 18.
5, 11 9, 19 19, 15 13, 15, 5, 7!! !!
LU 3.2.3

Sersant: Ry soos ek vir julle gesê het

Flippie: Baie dankie, Sersant.

  • Hier is die kaart met die instruksies om by die grot te kom.
LU 3.2.3 LU 5.1
  • Wys met pyltjies op die kaart hoe Flippie en Danie by die grot uitgekom het.

LU 5.1
  • Teken die dieretuin met die papegaai veilig terug in sy hok.
  • Wat dink jy sê hulle nou?
Papegaai:
Flippie:
Opsigter:
LU 4.3.1 LU 4.8

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees;

3.2.3 eenvoudige instruksies in die klaskamer lees;

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

3.3.1 met toenemende spoed en vlotheid lees;

3.3.2 hardop lees en die korrekte uitspraak en gepaste klem gebruik;

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe vir ‘n skryfstuk vir verskillende redes skryf;

4.3.1 verskillende tekste skryf;

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en begin woorde spel sodat ander dit kan lees en verstaan:

4.6.1 eksperimenteer met woorde uit eie taalervaring;

4.6.2 algemene woorde korrek spel;

4.6.4 probeer om ontbrekende woorde te spel deur kennis van klanke te gebruik;

Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om konsepte te ontwikkel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask