<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Midas stap eetkamer toe. Hy sit ‘n snytjie brood op sy bord, maar hy skrik toe dit in goud verander. Hy wil sy koffie drink, maar sy koppie verander in goud. Nou raak hy bekommerd. Sal hy ooit weer kan eet of drink?

Sy dogtertjie kom in en sit haar armpies om sy nek. Toe hy na haar kyk, kan hy nie glo wat hy sien nie. Sy dogtertjie se gesiggie is goud, haar hare is goud, haar liggaampie is goud en haar klere is goud en sy is heeltemal kliphard. Sy dierbare dogtertjie is nou ‘n goue standbeeld.

Midas begin huil. Hy sal elke stukkie van sy goue rykdom teruggee en selfs die armste man in die wêreld word as hy net sy dogtertjie kan terugkry.

Skielik staan die mannetjie weer langs hom. “Wel, is jy nou gelukkig?”

“Nee, nee, ek is baie ongelukkig. Ek het my kosbaarste besitting, my kind, verloor.”

“ Ek hoop jy het geleer dat geld en rykdom nie die belangrikste op aarde is nie. Wil jy jou wens terugtrek?”

“ Asseblief tog, ja! Help my!” smeek Midas.

“Nou goed, gaan was jouself in die rivier. Maak ‘n beker vol water en sprinkel dit oor alles wat in goud verander het. Dit sal weer word soos dit was”

Midas het dit dadelik gedoen en was so dankbaar om sy dogtertjie weer lewendig te hê. Koning Midas het sy les geleer.

LU 3.6.1 LU 3.7.3

Verdeel nou in groepe en bespreek die volgende vrae:

  • Dink jy Koning Midas se wens was dom?
  • Hoekom sê jy so?
  • Dink jy sy wens was slim?
  • Jy kan een wens wens. Wat is jou wens?
LU 3.1.1

9. Spel.

Die volgende woorde kom in die leesstuk voor: ryk (rich)

maar (but)

klere (clothes)

haal (fetch)

Lees die woorde hardop.

Lees nou die volgende woorde ook hardop: ruik (smell)

maer (thin)

kleure (colours)

hael (hail)

Alhoewel die woorde byna dieselfde klink, verskil die betekenisse heeltemal.

Leer hoe om die woorde korrek te spel na aanleiding van die betekenis in sinne.

Midas was ryk omdat hy baie geld gespaar het.

Die rose ruik heerlik.

Ek hou van lekkers, maar ek weet dis ongesond.

Die hond is baie maer , want hy eet nie genoeg kos nie.

My ma gaan vir my nuwe klere koop om aan te trek.

Blou en geel is my gunsteling kleure .

Midas moes water gaan haal om op al die goue goed te sprinkel.

LU 6.3.3
Die hael het die ruite stukkend geslaan.

10. Nuwe Geld.

Ons weet nie van watter land af Koning Midas gekom het en hoe sy geld gelyk het nie. Dit maak nie saak nie, want dis slegs ‘n storie. Tog is dit goed om te weet hoe sommige ander lande se geld lyk. Elke land het sy eie note en munte.

Kan jy raai in watter lande die volgende note gebruik word?

Veral die Amerikaanse dollarnoot is eintlik wêreldwyd bekend.

Ek wonder of julle weet dat daar baie onlangs nuwe note en munte in die wêreld verskyn het! Op 1 Januarie 2002 het 300 miljoen mense in Europa begin om ‘n nuwe geldeenheid te gebruik.

Kyk na die kaart van Europa. Soek die volgende lande op die kaart en omkring hulle met ‘n helder kleur:

Oostenryk, België, Finland, Frankryk, Duitsland, Griekeland, Ierland, Italië, Luxemburg, Nederland, Portugal en Spanje.

Al hierdie lande gebruik vanaf 1 Januarie 2002 dieselfde banknote en munte. Intussen het nog meer lande by hierdie groep aangesluit. Ander lande het intussen ook bygekom. Ons noem die geldeenheid die Euro. So lyk die Euro se simbool:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask