<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Die toebels

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die avonture van die Wapse is nou verbonde aan die ondervindings van elke leerder in Graad 1, seuns sowel as dogters. Hulle word blootgestel aan ander omgewings - stedelik, platteland, en word bewus van hoe anders mense lewe, bv. in die bos, sonder krane en elektrisiteit.

Opvoeders moet onthou dat daar leerders in hul klas mag wees wat nie Graad R bygewoon het nie en dus sekere vaardighede, strategieë en konsepte van Graad R nie ontwikkel of aangeleer het nie. Die opvoeder het dus nodig om te verseker dat hierdie in Graad 1 aangeleer en ontwikkel word. (Sien Graad R-modules)

Luister en spraak is die belangrike fondamente waarop geletterdheid gebou word. Die mate waarvolgens leerders die praat van hul huistaal bemeester het, sal verskil en die opvoeder moet hiervan bewus wees.

Taalontwikkeling is ‘n proses wat geleidelik ontwikkel en elke leerder het die simpatieke ondersteuning van die opvoeder ter alle tye nodig.

In Graad 1 luister en lees die leerders stories en word hulle betrek by die leer van klanke en die skryf van die taal. Die klasomgewing moet ‘n plek wees wat die leerders sal aanmoedig om alle aspekte van die taal te leer.

TYDSKEDULE

Alle leerders behoort al agt modules te voltooi, plus-minus twee per kwartaal. Hulle moet toegelaat word om teen hulle eie spoed te werk.

Hier identifiseer Willie met die leerders. Hy vier sy verjaardag. Daar is wesenlike verskille en leerders bespreek hulle. So ook verskil mense van mekaar.

Die Toebels is Willie se maats. Hulle bly in tonnels in die grasland. Die reën veroorsaak ‘n vloed. Die uil weet wat om te doen. Daar is stories om te lees, verjaardagkaartjies om te maak en probleme om op te los.

Skrif
en , , , ,
klanke ,

INTEGRASIE VAN TEMAS

Sosiale geregtighede

  • Leerders kan betrokke raak deur mense wat rampe oorleef het, te help.

n Gesonde omgewing

  • Reën is belangrik vir mens en dier.

Menseregte

  • Elkeen het ‘n reg tot skoon drinkwater.

Leerders afdeling

Inhoud

Die toebels kom help!

Die Wapse het elke dag gewag vir Willie om terug te kom. Sou hy betyds wees? Wat as hy nog baie lank wegbly? Waar gaan hulle kos vandaan kry?

Gelukkig was almal verniet bekommerd. Willie was na vier dae terug in die bos. Jy kan seker dink hoe bly die Wapse weer was om hom te sien! Willie het omtrent soos ‘n held gevoel! En hy het baie goeie nuus gehad! Die Toebels was op pad! Party van hulle het reeds begin grawe aan die kant van die bos en ander is op pad na die Wapse om hulle in die bos te help. Die Toebels bring ook kos saam vir al die honger Wapse. Daardie aand het die Wapse en al die bosdiere tot laat gesing en gedans!

Kyk of jy hulle liedjie kan sing!

Grootoog weet wat om te doen,

en ons is almal bly!

Die Toebels kan ons gou kom help,

dan kan die trein weer ry!

En Grootoog? Hy het gaan slaap! Want hoewel uile in die dag slaap, moes hy die hele dag wakker bly om vir die Wapse raad te gee. Hy was moeg, en noudat die probleem weer opgelos is, het hy eers ‘n uiltjie gaan knip!

LU 4.1
  • Lees weer die liedjie wat die Wapse in die storie gesing het. Die woorde het deurmekaar geraak? Kyk of jy die woordjies kan verbind om weer die liedjie te maak.

Grootoog weet wat om te doen,

en ons is almal bly!

Die Toebels kan ons gou kom help,

dan kan die trein weer ry!

LO 3.4
  • Watter klankie hoor jy laaste? Voltooi die woordjie.

Ek ken my klanke!

LU 3.5
LU 3.5
  • Teken ‘n prent om te wys hoe die Toebels die Wapse help. Skommel die woorde om ‘n sin te maak wat by jou prent pas.
help die Toebels Wapse. Die
LU 5.3

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek.

Assessment

Learning Outcome 1: LISTENING: The learner is able to listen for information and enjoyment and respond appropriately and critically in a wider range of situations.

Assessment Standard 1.3: We know this when the learner listens with enjoyment to short stories, rhymes, poems and songs form a variety of cultures, and shows understanding;

1.3.2 acts out parts of the story, song or thyme;

1.3.7 expresses feelings about the story;

1.3.8 expresses feelings about the story;

Learning Outcome 2: SPEAKING : The learner is able to communicate confidently and effectively in spoken language in a wide range of situations.

Assessment Standard 2.2: We know this when the learner communicates ideas using interesting descriptions and action words;

Assessment Standard 2.3: We know this when the learner sings, recites, acts out and mimes songs, poems and rhymes;

Assessment Standard 2.6: We know this when the learner recounts in sequence personal experiences;

Learning Outcome 3: READING AND VIEWING : The learner is able to read and view for information and enjoyment and respond critically to the aesthetic, cultural and emotional values in texts.

Assessment Standard 3.3: We know this when the learner makes meaning of written text:

3.3.1 reads a story with the teacher and discusses the main idea;

Learning Outcome 4: WRITING : The learner is able to write different kinds of factual and imaginative texts for a wide range of purposes.

Assessment Standard 4.2: We know this when the learner does pre-writing.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask