<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die opvoeder verduidelik aan die leerders dat die letterkunde uit verskillende genres (of te wel verskillende soorte of tipe letterkunde) bestaan, byvoorbeeld poësie, drama, en prosa.

Prosa kan bestaan uit liefdesverhale, speurverhale, avontuurverhale, en ook wetenskapsfiksie (science fiction). Laasgenoemde genre het tot dusver besonder min aandag in die Afrikaanse letterkunde geniet.

Die leerders word gedurig aan hierdie genre blootgestel in rolprente en op T.V. Dink maar aan Star Wars , Stargate , ens.

In hierdie module sal ons poog om hulle geïnteresseerd te kry in die wetenskapsfiksie wat reeds in Afrikaans geskryf is. Daarom begin ons in 1923 by Loeloeraai van C.J. Langenhoven.

  1. Inleiding

Binne die bestek van hierdie module gaan die planete aan die beurt kom, nl. Venus en Mars.

Bespreek die diagram op bl.1 en verduidelik dat die drie planete wat op die diagram geïdentifiseer is, moontlik die planete is waarop daar lewe voorkom, juis a.g.v. hul afstand van die son.

Die ander planete is òf te naby aan die son, òf te ver van die son.

Die leerder kan gevra word om meer inligting oor dié planete te gaan navors om in die klas te bespreek. Vanselfsprekend sal die opvoeder ook voorbereid wees om die nodige vrae te vra om die leerders te lei.

Loeloeraai

  • Lees die uittreksel aan die leerders voor.

Maak seker dat die leerders duidelikheid het oor die voorkoms en karakter van Loeloeraai, soos dit uit die leesstuk blyk.

Die volgende vrae kan gevra word:

  1. Is Loeloeraai ‘n boosaardige of gevaarlike mens? (Laat die leerders hul antwoorde uit die leesstuk motiveer.)
  2. Hoe vergelyk sy voorkoms met dié van die aardmense?
  3. Hoe vergelyk sy kleredrag met dié van die aardbewoners?
  4. Bespreek sy optrede teenoor die aardmense. (Paragraaf 4)
  5. Wat probeer hy kommunikeer aan die aardmense in paragraaf 5?

Opdrag 1

Ten einde hierdie opdrag suksesvol uit te voer, word die leesstuk hardop aan die klas voorgelees. Verduidelik eers aan die leerders dat die Afrikaans van 1923 eintlik nog ‘n taal in sy kinderskoene was.

  1. spantoue – veiligheidsgordels : aanstons – binnekort “

Julle sal die doel van die veiligheidsgordels binnekort uitvind.”

  1. Hy skakel die lig aan.
  2. “Sodra ons die aarde se atmosfeer verlaat het.”
  3. “... die stoele waarop ons sit, onder ons verdwyn.”
  4. Daar is fout (met die ruimtetuig).
  5. ... soos ertjies wat in ‘n ronde voorwerp geskud of geskommel word.
  6. Alles is dieselfde
  7. En sy draai haar in verskillende rigtings.
  8. nêrens (Daar is nêrens op aarde so ‘n sagte rusplek nie.)
  9. Soos ‘n seepbel wat deur die lug sweef.
  10. Die reuk van vars lug wanneer ‘n donderstorm opsteek.
  11. Daar was niks behalwe die pikdonker nag.
  12. Soos wat julle gewoond is.
  13. Die aarde bedek alles in hierdie rigting.
  14. Sien ons die sterre vaagweg deur die dik lae van die lug.
  15. Hier is die sterre verskillende kleure ________ almal vonkel lewendig asof dit ‘n bewegende toneel is.
  16. As ons hom (die maan) agterna moet sit, sal ons hom nooit inhaal nie, selfs nie teen hierdie snelheid nie.
  17. Duisend myl per uur
  18. Ongeveer agtduisend myl
  19. Telefoneer of skakel ons môre.
  • Laat die leerders eers self probeer, en bespreek dan elke sin of sinsnede met hulle.

Opdrag 2

Die leerders moet eers die betekenis van elke emosie verstaan. Hulle kan ‘n woordeboek raadpleeg, of die opvoeder kan die betekenis van elke woord verduidelik en op die skryfbord skryf.

Daarna kry twaalf leerders opdrag om elkeen die teksgedeelte voor te lees. Elkeen beeld ‘n ander emosie uit. Daar is twaalf moontlikhede.

Die leerders kies ‘n emosie wat volgens hulle die regte een is en merk dit. Maak op die skryfbord ‘n opname van die leerders se keuses om te bepaal watter emosies die oorwegende keuses was.

Opdrag 3

Die leerders kry vooraf opdrag om in pare die teksgedeelte in te studeer en dan in die klas op te voer. Moedig hulle aan om hul eie “ruimtefone” vir die geleentheid te maak.

Opdrag 4 en 5

Hierdie opdragte bied aan die leerders geleentheid om skeppende skryfwerk te lewer.

Opdrag 6

Volgorde van ontbrekende woorde: los, spantoue, sweef, geskudde blaas, swaartekrag, gewig, ontliggaamde, sweef, lug, seepblasie

Opdrag 7

Skryfoefening

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask